Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Saldanha is 'n plek om of te gaan rus, of om as oorslaapplek te gebruik wanneer die omgewing besigtig word. Saldanha self is 'n stil plekkie sonder die stad se gejaagdheid."
"Understated travel destination of fishing community where tourism experiences and residential life intertwines."
"Daardie blouste blou kalm see is 'n see waar enige een wil swem. Dit is eish, hoe noem mens dit, uit die boeke uit! Sal beslis weer terugkeer!"
"Saldanha was vir ons lekker om in te bly, ons het vandaar na die verskillende plekke gegaan. Nie te veel om te doen in Saldanha self nie."
"Na ons reis na Saldanha sal ek verseker teruggaan. Baie vriendelike dorpie, pragtige plek om foto's te neem en baie vriendelike en bekostigbare restaurante en blyplekke. "
"Vir die eerste ervaring in Saldanha was dit vir ons 'n belewenis. Sentraal geleë en binne redelike bereikbare afstand en kan al die omliggende klein plekkies maklik besoek."
"Dit was vir ons 'n belewenis. Slipway se ontbyt, vars vis te koop by Sea Harvest. Baie lekker."
"Saldanha was baie rustiger as Langebaan en ons verkies die rustigheid bo die verdringing deur vakansiegangers. Die Hoedjiesbaai Hotel se kos was baie lekker en ek sal dit aanbeveel vir mense wat lief is vir seekos. Daar is nie regtig baie te doen op Saldaha nie. Maar ons het die rustigheid warder en dit was ook net 'n eennag stop op ons Weskus toertjie."
"Daar is nie veel te sien in Saldanhabaai nie. Jy moet uitry Paternoster of Jacobsbaai toe om bietjie weg te kom. "
"West Coast racing is off the hook I'll book with LekkeSlaap everytime I go down to Saldanha."
"Saldanha se restaurante is redelik, maar ek sal eerder die pad vat en Langebaan en omliggende omgewing beproef. "
"Saldanha is die ideale plek om die Weskus vanaf te verken.Dit is rustig en bekostigbaar, maar ook naby aan die Mall in Vredenburg, en klomp lekker kuierplekke.Ek beveel dit definitief aan."