Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Saldanha is peaceful in the sense that if you are capable of keeping yourself busy you are likely to have an amazing visit!"
"Saldanha is pragtig, nostalgiese bestemming met soveel nabye plekke om te sien en te beleef, wat 'n ervaring!"
"Heerlike vakansie-atmosfeer met genoeg nabygeleë winkels vir jou alledaagse benodighede."
"Dorpie baie skoon en het nooit onveilig gevoel nie. Saldanha lekker middelpunt as jy al die ander Weskusdorpies en Swartland wynroete wil doen."
"Dink nie ek sal 'n lang vakansie daar wil deurbring nie, maar dit was 'n redelik sentrale plek vanwaar mens die omgewing heerlik kon besoek en verken."
"Komplimente aan die munisipaliteit oor die skoon strate en parkeerareas op 24 Desember en vroeg Kersoggend. Die B&B waar ek gebly het, het op navraag gesê dat hulle mark werknemers en konsultante van plaaslike industrieë is. Ondersteuning aan die industrieë sal tot voordeel van die inwoners wees, wat dan tot algemene vooruitgang kan lei. Langebaan het reeds die toeriste en fokus op plaaslike nywerhede sal die gemeenskap baat. Blue Bay Lodge se kersete was uitstekend. Die personeel was vriendelik en het die geleentheid 'n plesier gemaak. Die ete was heerlik voorberei en tot aan die einde was die geregte warm en vars. Komplimente aan die span."
"Saldanha is 'n lekker plek, veral as jy visvang. Naby aan klomp ander vissersdorpe."
"Daar is 'n definitiewe tekort aan eetplekke en aktiwiteite vir die kinders. "