Geverifieerde Resensie
Sandbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sandbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 224 resensies.
"Gerieflik geleë naby Hermanus en dis redelik naby ander plekke soos Gordonsbaai en Somerset-Wes."
"Sandbaai (tussen Hermanus en Onrus) is heerlik. Dit het genoeg winkeltjies dat jy nie ver hoef te soek nie as jy iets kort nie, en dit het 'n klein strandjie. Die kinders het veral die speelplek by die kwekery geniet. "
"Veiligheid gaan 'n groter risiko raak in Sandbaai. Ek sal byvoorbeeld nie daar koop nie, maar eerder in Onrus of Vermont."
"Sandbaai is naby genoeg aan Hermanus, maar ook ver genoeg weg van al die gewoel. Dis 'n ideale plek om te gaan rus."
"Ek is histeries oor diere, en tot die diere was vriendelik en ek was hartseer om hulle agter te laat!"
"Lovely area. Beautiful walk along the beach path. Beautiful sunset. Absolutely just gorgeous!"
"Sandbaai is 'n heerlike plekkie. Mooiste wandelpaadjie langs die see. Dis so sentraal geleë met Hermanus binne 3km daarvandaan!"
"Heerlik stil en veilig maar nog steeds naby genoeg aan Hermanus vir alle aktiwiteite."
"Wonderlik! Will sommer weer gaan en langer bly! Letterlik hemel op aarde!"
"Dit is 'n netjiese omgewing en die bewaring daarvan word baie benadruk - dit is baie belangrik. Sandbaai is 'n kosbare plek en iemand wat lief is vir die see en seelewe sal lekker hier vakansie hou. Neem 'n verkyker saam. Stap baie en geniet die natuurlewe in die see maar sowel langs die see. Gebruik die rustigheid van die plek en neem jou tyd met die ontdek van al die andersheid as wat 'n besige stad jou kan bied. Bly uit die winkels en sien die pragtige natuurskoon so ongerep raak."
"Sandbaai is heerlik as 'n bestemming, dit is naby genoeg aan Hermanus en Hemel op Aarde, maar tog kry jy die ervaring van 'n kusdorpie. Jy kan nog veilig rondloop en die seelug geniet sonder te veel verkeer (mense en karre)."
"Dit is skoon met vriendlike mense. Goeie omgewing vir rustige vakansie hou."