Geverifieerde Resensie
Potchefstroom Central
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom Central bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 134 resensies.
"Ek is van die Kaap en sal definitief weer in September vir my studies se werkswinkel, by jul kom bly."
"Potchefstroom is 'n pragtige plekkie, baie agteruitgegaan t.o.v skoon strate en paaie."
"Eintlik was ons te kort daar om 'n ware weergawe van sentraal Potch te gee, maar die feit dat ons geen probleme gehad het nie maak dit 5 sterre."
"Really just a student town to be honest. We came to do business, so cant really say we did any touristy stuff. "
"Die area is nie vir ons veilig genoeg nie. Ons is baie veiligheidsbewus en sal ongelukkig vir die gastehuis eerder aan die ander kant van Potchefstroom woon."
"Die sypaadjies en publieke parke is verwaarloos. Die gras is baie lanklaas gesny. Die gate in die paaie is 'n groot probleem - dis nie net 'n verleentheid nie, maar maak dit onmoontlik om jou motor veilig te bestuur."
"Naby kampus, maar as jy nie meer 'n student is nie, is daar nie werklik veel om te doen nie. Die restaurante is naby asook die groot winkelsentrum."
"Mense baie vriendelik, geen stadsgevoel, regtig 'n plek om te kan besoek."
"Potchefstroom was like discovering a hidden gem of generous and genuine people doing extraordinary things - from intentional and random acts of kindness to excellent academic work. We loved our stay."
"Sentra naby kampus behoort voortdurend opgeknap te word. Reeds verbeterings gemerk."
"Ons beveel Sentraal Potchefstroom aan vir verblyf as daar enige iets in Potch gebeur of vir 'n stil kuier."
"Vir ons is rustigheid baie belangrik, en by Jakkalsdraai was ons nie teleurgestel nie."
"Effe goedkoper as ander dele van die dorp, maar nog steeds naby aan alles."
"Nie regtig 'n toeriste dorp nie, maar wel 'n studente dorp met baie aktiwiteite om die universiteit - sport - kultuur ens. "
"Only if you have to be there, I would say. University close by for instance. We had to be close to what we were there for. But this is my personal view. "
"Ouer deel van Potchefstroom - jy hoor wel die trein wat verby gaan - sentraal genoeg aan winkels en motorhawens."