Verified Reviews
Potchefstroom Central
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom Central
Rated 4 out of 5 based on 134 reviews.
"Genoeg eetplekkies vir enige smaak en was heerlik om in Afrikaans bedien te word!"
"Die ou Snowflake-fabriek is nou 'n fantastiese trou-venue en die ou NG Kerk pragtig gerestoureer."
"Aangesien ek naby die Potch se dam wou wees - was dit 'n teleurstelling dat ons 'n hele entjie moes ry om by ons bestemming uit te kom, maar dit is die enigste probleem."
"Potchefstroom is 'n pragtige dorp en ek sal dit nou meer besoek omdat my dogter daar studeer."
"Mooi dorp met lekker winkels. Als wat jy nodig mag kry is daar. Ons was gedurende 'n baie besige naweek daar, maar nietemin het ons die dorp baie aangenaam gevind."
"Ongelukkig het die middedorp erg agteruit gegaan en die Kerkstraat wandellaan is erg onveilig en waar daar ook `n poging om my te beroof - daar was nêrens enige waarskuwings borde of SAP lede sigbaar in 'n area wat duidelik 'n hoë risiko vir besoekers is. Ek kon ook nêrens ys te koop kry op Kersdag nie. Die toestand van die Potchefstroom dam-area is 'n skande vir die dorp!"
"Het nie baie rondgery nie, maar dit was ons gesien het was netjies en bekend! Mooi dorp wat mooi opgepas moet word!"
"Ons het Potchefstroom baie besoek toe ons seun daar studeer het en gedurende daardie jare was dit altyd lekker om in 'n skoon dorp te kuier. Maar toe ons nou daar oornag het was die hele dorp vol swartsakke met huisvullis. Rommel en papiere het die hele wêreld vol gelê. Wat 'n jammerte dat so 'n pragtige, geskiedkundige dorp so vinnig agteruit gegaan het. "
"Lieflike, boomryke en geskiedkundige ou dorp. Mens voel onmiddellik tuis daar."
"Dit bly en sal altyd 'n plek van groot waarde in ons harte wees, omdat ons hele gesin daar geswot het."
"'n Inligtingsblad oor Potchefstroom sou handig wees, maar gelukkig het die internet gehelp."
"Potchefstroom kom baie verwaarloos en vuil voor as jy deur die strate rond ry."
"Dis lekker geleë. Naby klomp plekkies wat besoek kan word. Al is dit in 'n besige straat, hoor mens nie die verkeer nie."