Geverifieerde Resensie
Potchefstroom Central
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom Central bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 134 resensies.
"Potchefstroom is nog een van die min mooi en veilige dorpe in die Noordwes. Baie interessante koffiewinkels en kuierplekke om te besoek. "
"Dierbare dorpie. Hier vind 'n mens rus vir jou siel. Daar is nie soveel goed om te doen nie, maar 'n mens kom mos juis soontoe om bietjie weg te kom van die gedruis en gejaag van die stad. "
"Dit was fantasties. Baie naby aan alles waar ons wou wees. Ek sal volgende jaar vir Aardklop weer daar woon."
"Dorp is mooi skoon en paaie in goeie toestand. Sal dorp verseker weer wil besoek."
"Dit is 'n baie rustige en stil omgewing, sonder verkeersgeraas. Ek het dit baie veilig ervaar."
"Ons het BAIE verdwaal, vind die inligtingsborde heeltemal te min! Die universiteit kan meer prominent aangedui word, siende dat so baie mense dit juis wil besoek, en daarom die dorp binnekom ..."