Geverifieerde Resensie
Sodwana Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sodwana Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Ons sal nie vinnig weer Sodwana toe gaan nie vir die rede dat 'n mens so baie moet betaal om see toe te kan gaan. Ons het R110 per dag betaal vir 3 mense en as jy aand die ander kant wil gaan on na 'n restaurant toe te gaan betaal jy weer R15 om in te gaan. "
"Sodwana is 'n wonderlike vakansie, ons gaan al vir die laaste 7 jaar, see is lekker warm, waarde vir geld."
"Selfoon en internet ontvangs is baie beperk op sekere plekke alhoewel die toring naby is. "
"Sodwanabaai is nie regtig 'n toeriste aantreklikheid nie. Indien jy nie 'n duiker is nie gaan dit nie vir jou 'n avontuur wees nie. Geen behoorlike supermark nie, slegs klein winkeltjies wat wel net die nodigste aanhou ten duurste. Nie vreeslik toeganklik indien jy nie 'n 4x4-voertuig het nie."
"Dis 'n lekker swemstrand. Die grootste probleem is net dat mens nie eers 'n bier mag drink nie, maar die plaaslike mense was heerlik dronk op die strand en rumoerig! So hoekom mag hulle drank in vat en drink. Mens word so opgepas en word ten minste 'n halfuur voor toemaak tyd van die strand weggejaag. Terwyl die res nie eers aangespreek word nie."
"Beste restaurant is beslis The Lighthouse. Slegste Restaurant - Leatherbacks by Sodwana Bay Lodge was baie teleurstellend!"
"Rustige, pragtige natuur en skoon omgewing. Strand en see silwerskoon en mooi."
"The only thing to bear in mind about Sodwana is the Parkfees that can accumulate to a large amount if you are staying for a few days. "
"Dis beeldskoon en rustig daar. Ek het 'n probleem gehad om kontant te trek by 'n veilige ATM. En dit is baie duur om by die strand in te gaan daagliks. Vir 'n gesin van 5 is dit +/- R300 per dag. "
"Sodwana Bay is nice. They need to re-look the price they charge visitors into their beach."
"Die tariewe by die hek by die strand is vreeslik duur en word al hoe duurder elke jaar. Ons was 5 mense waarvan 2 kinders onder 7 jaar en het elke dag R280 betaal om in te gaan!"
"Die kus is pragtig en skoon. Met mooi duikplek. Bly net weg gedurende Kersdag en Nuwejaarsdag, dan is dit 'n gemors!"