Geverifieerde Resensie
Springbok
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Springbok bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 646 resensies.
"As jy dalk met minder tevrede is sal dit werk. Daar was maar laat aande mense wat geraas het dan kon jy nie slaap nie."
"Springbok is 'n mooi dorpie wat redelik uitgebrei het oor die jare. Buiten vir blomme in seisoen, is daar mooi rots formasies en ek glo baie ander interessanthede. Ons het net deurgereis. "
"Die plaaslike taal en woordeskat is nie vir die fyngevoelige besoekers nie."
"Springbok was 'n yslike verrassing - dit is 'n baie groter dorp as wat ons verwag het, en is alles daar wat jy sou benodig. Almal met wie ons te doen gehad het was baie vriendelik en hulpvaardig."
"Baie nice dorpie, sou graag 'n paar dae wou bly om meer te sien in en om die dorp."
"Daar is 'n koppie in die middel van die dorp en dit maak Springbok die dorp wat hy is!"
"Ek beskou Springbok as die hart van Namakwaland en wanneer mens in daardie wêreld reis is dit absoluut noodsaaklik om tyd daar te spandeer."