Geverifieerde Resensie
Springbok
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Springbok bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 646 resensies.
"Noord-Kaap jou sy eie bekoring in en ons ondervind dat Springbok 'n baie lekker ontspannende atmosfeer het. Alle belangrike winkels is daar sou jy iets soek."
"Die Tauren restaurant was aanbeveel vir ons. Ek weet nie waar mens nog sulke lekker kos teen sulke goeie pryse kry nie. Voorwaar 'n juweel wat ons ontdek het."
"Nie veel van die dorp self gesien nie maar baie mooi groot SPAR, was besig gewees."
"Alle nodige winkels en eetplekke is beskikbaar. Baie gastehuise is beskikbaar teen goeie pryse. "
"What a gem! Thought it would be flat and barren, meanwhile it is nestled between stark mountains with their own beauty. Springbok has all the amenities and shops one could want. "
"Perfekte plek om te oornag as jy op die lang pad is met goeie B&B's en restaurante."
"Springbok is 'n groterige dorp wat alle noodsaaklike besighede het en geriewe kan bied. Springbok is naby die Skildpad Natuurreservaat en sodoende uitstekend geleë om daarvandaan die blomme te besien in seisoen. Buite-seisoen is dit baie warm in die somer, dit het nogal verbasend afgekoel in die nag. "
"Springbok het baie gerieflike akkommodasie plekke, restaurante en besienswaardighede om 'n kuiertjie daar, die moeite werd te maak!"
"Die plek was so besig, maar moet besef dit was dag voor Kersfees waar almal laaste Kersinkopies doen, maar almal is vriendelik en het van die dorpie gehou, besoek gerus Brian se Spur ook."
"Neat overnight facility, will suggest an extractor fan in the bathroom and an extra milk for a second cup of tea. Further no complaints."
"Springbok is so lekker groot en daar is alles wat jy sal nodig kry. Die mense is baie vriendelik."
"My eerste besoek aan Springbok was beïndruk met die dorp en alles wat dit bied."
"Ek het die plek vuil gevind en die dorp se strate baie ongemaklik om op te ry. Ek dink die munisipaliteit kan baie meer doen om die plek skoner en meer toeriste vriendelik te maak, selfs buite blomme seisoen."
"Sprinbok restaurant het 'n wonderlike boekwinkel en klip-/gemstone-/kristal-versameling. 'n Móét besoek."
"Die plek is asemrowend, genotvol, vriendelike mense en baie behulpsaam. Die plek is skoon en baie veilig. "
"'n Stil en rustige dorpie, afgesien van die wind wat ons amper weggewaai het. Skoon en netjies."