Geverifieerde Resensie
Springbok
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Springbok bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 646 resensies.
"Dis 'n baie mooi plekkie en die mense is baie vriendelik daar. Het dadelik tuis gevoel."
"As jy nog nooit daar was nie, moet jy 'n draai daar maak. As jy spesifiek blomme wil kyk, kan jy van hier baie plekke besoek asook 'n bietjie golf speel."
"Alles het 'n blywende indruk op ons gemaak om te koester en te onthou. Dit was die moeite werd."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land. Ek weet nie of daar baie is om te doen nie so ek weet nie of dit 'n toeristebestemming is nie, maar om daar deur te beweeg vir 'n dagreis is beslis die moeite werd."
"Die regte plek om te gaan blomme kyk. Mens kan baie kilometers in bykans enige rigting ry. Ons was egter daar toe daar baie min blomme was a.g.v. die droogte."
"Die dorp sukkel maar soos al die dorpe in die platteland en dis sigbaar. Die dorp kom effe onversorgd voor, hoewel die strate skoon was."
"Pragtige omgewing. Daar is so baie plekkies wat besienswaardig is wat ons ontdek het ten spyte van die feit dat dit droog was en omtrent geen blomme om te besigtig nie."
"Dis uniek, gasvry en vir seker nie die stad nie. Daar is 'n rustigheid wat mens sommer kan aanvoel. "
"Springbok is groter as verwag en heel mooi geleë. Die omgewing is interessant en die Goegap Park is baie goed. Daar was natuurlik geen blomme agv die droogte."
"Mooi ou kerk. Plek is skoon en die mense vriendelik. Goeie diens by Trentyre Springbok gekry."
"Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word."
"Pragtige dorp wat goed geleë is, genoeg besighede vir 'n reisiger. Die Springbok Resort restaurant word hoogs aanbeveel."
"Springbok se hele aantreklikheid lê in sy beskikbaarheid van die blomme in die omgewing en die blomme was hoegenaamd nie sigbaar nie. Tydens blomseisoen sal 3 dae te min wees maar in die afwesigheid van blomme was 3 dae te veel vir 'n plek soos Springbok wat nie veel bied nie."
"Dit is die derde keer wat ek in Springbok kom om blomme te kyk, maar weereens baie teleurgesteld omdat 2017 géén blomme gehad het nie weens die geweldige droogte. Die Goegap Natuurreservaat is werklik 'n besoek werd, droogte en al en het pensionaris-afslag. Kan my indink hoe pragtig die berge sal wees met 'n blommeprag wanneer daar voldoende reën geval het. Die paaie na die Skilpad Natuurreservaat word glad nie in stand gehou nie wat 'n groot jammerte is. "