Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 715 resensies.
"Oulike dorp en sal dorp weer besoek. Begrafplaas lyk baie netjies en pluspunt vir dorp."
"Om in die sewende hemel te woon was klaar 'n groot lekker, maar die pragtige, uitgestrekte wit strand wat jou anderkant die duin begroet, was 'n baie aangename verrassing! Stilbaai is tops!"
"Hier die plekkie van die huis is nie te stillerig nie. Lekker uitsig en die estuarium."
"Dit is baie netjiese dorp met heerlike staproetes en lekker vars vis by die hawe."
"Ons hou baie van Stilbaai, het al hele paar keer daar gaan vakansie hou."
"Stilbaai is 'n besonderse vakansiebestemming, vriendelike mense, lieflike skoon strand en omgewing."
"Dit is ‘n entjie weg van die gewoel af so vir my is dit ideaal. Maar na genoeg as jy deel wil wees van die vakansie bestemming."
"Ons was aangenaam verras met die pragtige omgewing en grootte van die dorp. Ons het 'n paar huisies langs die see verwag maar 'n lewendige, uitgebreide stad gekry met pragtige groot huise, 'n bedrywige besigheidsarea en wonderlike natuurskoon! Gaan kyk gerus, dis pragtig!"
"Dit is die beste vakansie-oord vir my en my gesin. Sal dit enige tyd aanbeveel. Waarde vir jou geld."
"As mens Stilbaai nie waardeer nie, sal jy nêrens anders waardeer nie. Dis 'n pragtige dorp. "