Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 715 resensies.
"Ek het geen klagtes oor Stilbaai nie. Stilbaai was nog altyd my eerste keuse as dit kom by beach outings."
"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "
"Persoonlik dink ek kan Stilbaai baie besig wees in vakansietyd. Waarskynlik beter om by Botterkloof te bly en die paar kilometers in te ry na Stilbaai."
"It is a wonderful town, people are friendly, it is very relaxed compared to the city life. Am definitely going back there again."
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie met pragtige natuurskoon. Hier word daar geroei, visgevang, gedraf, geloop, branderplank gery, ens. Daar is genoegsame winkels in hierdie dorpie vir alles wat mens kan benodig! Definitief aan te beveel vir vakansie, permanent sowel as aftree!"
"Stilbaai self, baie mooi uitsig, see pragtig en skoon. Die Stilbaai gemeenskap nog so bietjie voor '94, die pub het nog ou SA flag so ek was bietjie bekommerd. Die klein juwelierswinkel waar ons so bietjie soos kriminele gehanteer was, was nogal iets om oor te praat die aand langs die kaggel. Maar die feit dat daar geen goeie restaurante was nie, is nogal 'n groot teleurstelling, maar sal wel weer daarheen wou terugkeer."
"Dit was ons eerste besoek aan Stilbaai, lieflike dorpie met mooiste wit strande en oorgenoeg winkels!"
"Stilbaai kort beslis meer goeie restaurante, want daar is slegs twee wat regtig die moeite werd was."
"As 'n stil en rustige vakansie jou ding is, is Stilbaai net die plek vir jou. Die mense is baie vriendelik. Walvisse en robbe is heel sigbaar. Restaurante bied uitstekende kos."
"Stilbaai is 'n pragtige plekkie en ons sal weer daar gaan vakansie hou."
"Dis ons toekomstige aftree-dorpie. Een woord som Stilbaai die beste op en dit is: amazing! "