Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"Strand is so naby alles. Jy bly naby die see, al bly jy dieper in Strand in, die see is naby, maar om Kaap toe te ry, of Hermanus of Bloubergstrand of selfs Kaappunt toe, is alles naby genoeg vir 'n daguitstappie. Ek bly altyd in Strand as ons die Kaap besoek."
"Goed, nie soos ek dit van vroeër onthou nie, maar watter plekke in SA lyk en is nog soos vroeër? Dit is steeds 'n baie mooi plek en baie sentraal geleë."
"Strand het al die besighede van 'n moderne stad en ook die vakansiegevoel van 'n kusdorp."
"Ek het vir 27 jaar in Strand gebly - altyd lekker om terug te kom. Strand is so geleë om binne 30 minute by verskeie ander plekke te kom bv. Kaapstad, Kleinmond ens."
"Die hoofstrate is nogal besig so saam die padwerke, maar andersins was dit baie lekker om in die Strand te kon bly."
"Net baie besig oor Desembermaande, maar andersins het ons lekker gekuier. Dit is ook redelik sentraal. "
"Rustig en skoon. Dit is lekker om op die lang strande te loop. Dit is beter om plek by 'n restaurant te bespreek in hoogseisoen, anders kry jy nie plek om te eet nie. Dit is baie naby al die toeriste-aantreklikhede. "
"Winderig en besig oor die feesseisoen. Daar is egter tonne plek op hierdie massiewe strand. "
"Goeie vordering met die opknapping van die muur op die strand."
"Die weer was baie goed, miskien bietjie warm, maar dit was nie 'n probleem nie. Die strand was vol en het hopeloos te min ablusieblokke vir soveel besoekers per dag. Die munisipaliteit kan werklik aandag skenk aan opruim en skoonmaak terwyl mense kuier op die strand gedurende die dag. Dit het baie vuil gelyk in die oggende en dis gewoonlik die tyd wanneer mens wil gaan stap."
"Ons is nie mal oor die wandelpaadjie wat hulle besig is om te bou nie - dit gaan beteken jy nie meer net oor die straat kan loop en op die strand wees nie, en dit maak dit moeilik om die mooi uitsig van die pad af te sien."