Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"I come from the Strand, so after 13 years it was a pleasure to see that there are upgrades happening to the beach and that some of the spots I visited were still going strong. Bart's and Friedman and Cohen. We will be visiting again but this time for a longer period."
"Ai, die weer in die Strand is maar sleg en die wind waai gedurig. Aan die positiewe kant - dit is lekker naby aan Kaapstad (40 min) so mens kan maklik Kaap toe ry om besienswaardigehede te gaan besoek. Dit is ook baie naby aan Stellenbosch se wynplase as mens 'n wynproe of middagete op 'n wynplaas wil doen."
"Ons is wel bekend aan die Strand-area. Altyd lekker om in die omgewing te kuier."
"Strand is sentraal geleë t.o.v. die belangrikste besienswaardighede en wynroete. Spitsverkeer is net 'n wesenlike probleem."
"Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke."
"Strand is die mooiste bestemming. Mens kan op die strand gaan stap en ook die mooi landskap bewonder."
"Pragtige see, geskik vir swem en stap. Geriefllik naby groot winkelsentrum. Iets om te doen vir oud en jonk!"
"Deur die jaar is dit altyd baie lekker. Ons bly weg oor vakansietye omdat dit net te besig is."
"Asemrowend die omgewing is pragtig omring deur die berge. Sonsopkoms is pragtig. Skemer oor die see is wonderlik, mens kan lekker sundowners geniet op die strand."
"Strand is sentraal geleë vir die toekomstige vakansieganger, dit is naby Kaapstad, Houtbaai, Gordonsbaai en so meer, al die plekke wat 'n "moet" besoek is as jy die Kaap besoek! Dis stiller as die gewoel van die stad maar naby genoeg om al die toeristeaantreklikhede te besoek. "
"Die strand is die ideale vakansiebestemming. Daar heers altyd 'n vakansieatmosfeer. Dit is baie sentraal en baie netjies. 'n Mens kan regtig heerlik daar ontspan!"