Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

South Coast Whale Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2480 resensies.

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

C - Anemone

"Bettysbaai is die mooiste plek hier rond en sy mense is die vriendelikste mense. Ek sal Bettysbaai beslis aanbeveel."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Honeyrock Cottages

"Restaurante en wegneemeetplekke wat dierevriendelik is maak vroeg toe."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

My Hiding Place Self-catering Accommodation

"Bettiesbaai is 'n pragtige dorpie. Nog baie onontwikkel, maar ons hou daarvan so. Die wind was net 'n bietjie erg die eerste 3 dae, maar verder het ons heerlik gesee, visgevang en net gerus. Ons kinders was by die Harold Porter-tuine en hul sê dit was pragtig. Die pikkewyne was net so kosbaar, veral die ou klein mensie het dit vreeslik geniet, sy wou net weer gaan. Ons sal graag weer wil gaan kuier op Bettiesbaai."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

87th on 5th

"'n Lieflike vakansieplek met al die nodige dienste en naby aan Hermanus vir bykomende vermaak."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Sol y Sombra

"Good to to see the new hub centre offering a nice dining spot, Koring n Kaf, if only for lunch."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

326 @ Pringle

"Pringlebaai is 'n natuurparadys, met die pragtige berge wat die baai omring. Die strande is skoon en daar is mooi staproetes in die berge tussen die fynbos. Die sakesentrum brei uit en het nou heelwat eetplekke, 'n apteek en dokter. Daar is 'n tekort aan vars groente en vrugte, maar Kleinmond is net 30 minute se ry weg vir groter inkope."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

The Mermaid's Tail

"Pringle Bay is ongelooflik mooi en netjies. Die enigste negatiewe ding wat ek wel kan noem is dat die winkeltjies in Pringle Bay ongelooflik duur is, seker omdat die naaste Spar in Kleinmond is. Anders as dit, sal ek definitief Pringlebaai voorstel vir 'n lekker vakansie. Dit is reg geleë sou jy ook na die dorpies om jou wou ry."

Rooi-Els, Suidkus Walvisroete

Verreaux's View

"Rooiels is in 'n pragtige omgewing geleë en het ook 'n mooi strand. Ongelukkig is die las van bobbejane in Rooiels 'n groot probleem. Die inwoners (by keuse) het nie soos die aangrensende Pringle Baai en Betty's Baai maatreëls in plek deur gekontrakteurde firmas wat die bobbejane monitor en wegjaag wanneer hulle in die woongebied inkom en vakansiegangers in hulle huise lastig val nie. Was dit nie vir die probleem nie sou mens graag Rooiels as 'n vakansiebestemming wou aanbeveel!"

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

Isle of Serenity

"Pringlebaai het 'n spesiale plekkie in ons harte - dis rustig, veilig en skoon."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Betties Place

"Wonderful views and lovely walks in nature."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Mountain Dew Guest Rooms

"Baie sentraal naby Hermanus, Kleinmond en Hemel en Aarde wynroete. Daar is net nie werklik veel te doen op Bettysbaai nie. Geen winkel net die vulstasie met die nodige en so 3 eetplekke. Kleinmond is 10 minute se ry van daar af en Pringlebaai ook waar daar heerlike eetplekke en winkels is."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Tickled Pink Chalet

"Loved Kleinmond. Locals helpful and friendly, and all services available. There seems to be a sense of pride in their town. Would love to live there."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Fynbos Cottage

"Good for holidays and tourism."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Castello Del Mare

"Beautiful small fisher village."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Kleinmond Lodge

"Pragtige, skoon dorpie en nie so besig soos Hermanus nie. Die wasserye was oop en daar is oorgenoeg winkels om lekker eetgoedtjies te koop. Bloubakkie en Fishing Cat bly van ons gunstelingwinkeltjies om te besoek en presentjies te koop vir die Gautengers!"

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Kleinmond Lodge

"Kleinmond is beslis 'n dorpie om te besoek. Die Blouvlagstatus-strand met netjiese toiletgeriewe is beslis die besoek werd. Die pragtige wandelpad langs die see en staproetes op die berg is altyd vir ons 'n hoogtepunt. Die dorpie gaan vooruit en elke jaar kan ons die verbeterings waardeer!"

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Streamway

"Beautiful holiday destination away from the crowds and home to lots of penguins."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

Turnstone Cottage

"Pringlebaai is 'n baie mooi, rustige kusdorp. Honde word aan leibande op die strand toegelaat (daar is oestervangerneste in die duine). Daar is bobbejane in die omgewing, maar ons het hulle net van ver af gesien. Daar is heerlike kos op die dorp - kan veral Little Amsterdam se poffertjes aanbeveel. En Betty's Baai, Rooi-Els en Kleinmond is almal naby en baie mooi as 'n mens verder wil verken. Sal verseker die dorp aanbeveel vir 'n vakansie."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Bergroos

"Heerlik gestap in die botaniese tuine en die pikkewyne is super oulik."

Onrus, Suidkus Walvisroete

Nerf-af Cottage and Rooms

"Onrus se naam moet eintlik Rusrivier wees, want alles is so rustig daar!"

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Crassula

"Bettysbaai is absoluut fantasties as mens lief is vir natuur en rustigheid. Daar is nie veel om te doen anders as om see toe te gaan en rustig te sien en die natuurskoon in te neem nie, maar dit is so wonderlik vir wat dit is."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Mountain Dew Guest Rooms

"Lots to do and see in the area. Stoney Rock, penguin site, beach, market. Nearby Kleinmond, Palmiet River, Kogelberg hiking trail. Explore, explore."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

Sones Summer House

"Beautiful beach and lagoon. Fun for the entire family."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Lazy Ways Cottage

"It's worth the money spend."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Mountain Dew Guest Rooms

"Dit is baie stil en rustig. Niks verkeer wat deurry."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Judea Accommodation

"A beautiful quaint location with rugged and untouched beauty. Safe, quiet, and tranquil and its close proximity to the sea makes the atmosphere and the breeze from the sea lend a most beautiful ambience to the entire experience that is Betty's Bay."

Blad
Blad 10 - Wys 271 tot 300
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang