Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2480 resensies.
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
The Grail Centre"Regtig 'n nice plek om vakansie hou. Baie vriendelike mense en lieflike "laid-back" atmosfeer. "
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Mountain View Manor"Sandbaai is quiet, but there is plenty to do in the surrounding areas."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Ocean Song Self Catering"Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig. "
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Blougans B&B"Ons het bietjie gaan verken in De Kelders. Ongelooflik mooi!"
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
The Grail Centre"Alhoewel dit 'n klein dorpie is, is daar baie om te doen en te ontdek. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Forget-me-not"Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Hermanus Beach House"Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Snails' End Cottage"Lekker rustig en naby genoeg aan Kaapstad as jy lus is vir 'n dag se vermaak."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Ocean Song Self Catering"Kan veilig voel in die omgewing en selfs in besige tye is daar baie spasie. Kan moontlik wees dat daar baie min sand areas en plek vir swem is. Ligging is baie goed en kan maklik beweeg na swemstrande. Kan self sover as Kaapstad besoek sonder dat dit te ver is."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
The Bay Lodge"Die restaurant wat volpunte verdien is Die Buitesteen, dit was tot dusver die restaurant met die heerlikste seekos platters. Hul ribs was die beste. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Bateleur Holiday Home"Baie vriendelik! Was nie 'n vertrapping van mense nie. Goed geleë. Hawe weg is 'n wonderlike tydverdryf!"
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Sea View Accommodation"Baie lekker as jy stilte en rus nodig het! Waarskynlik nie die ideale plek vir tieners wat aksie soek nie."
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Pringle Mingle Apartments"Ongelooflike plek. Sal volgende keer 'n plekkie teen die see bespreek. Ek is definitief volgende jaar weer terug."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
On the Rocks B&B"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Bamboo Beach Seaside Guest House"Baie naby aan al die omliggende toeriste-aantreklikhede."
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Pringle Mingle Apartments"'n Rustige dorpie, waar jy jouself weer kan vind."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Snails' End Cottage"Redelik gerieflik geleë - naby Hermanus, naby swemstrand."