Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4895 resensies.
"Dis stunning. Daar's 'n lekker rotsswembad, wat dit lekker maak vir die kinders om in te swem en speel."
"Ons sal definitief volgende keer 'n plekkie tussen Margate en Ramsgate soek. Uvongo se strand was vir 'n paar dae gesluit en ons moes 'n ander swemstrand gaan soek."
"Mal oor Margate. Dis so mooi groen en die mooiste natuur. Ek sal enige tyd na Margate verhuis."
"Die dorpie is besig en goed versorg. Kan die Shelly Beach Centre aanbeveel sowel as die South Coast Mall. Die klein strandjies is skoon."
"Dit is definitief nie meer blouvlagstatus nie. Dit was nie moontlik om in die lagoon te swem nie as gevolg van die riool. Die hele suidkus voel asof dit bietjie agteruit gegaan het. "
"'n Rustige kusdorpie sonder enige winkels, maar tog binne 7 kilometer van Hibberdene af. Dis skoon en netjies, selfs op vakansiedae. Geen toeloop van dagbesoekers nie. Hengelparadys. As jy werklik wil rus is Umzumbe die plek om te wees."
"Very nice, not full as the Durban central beaches, especially during the festive season."
"Dit is ideaal as mens soek vir 'n absolute wegbreek van die stad, of op soek is na 'n weggeleë, rustige gebied met privaatheid."
"Oslo Beach het nie 'n swemstrand as sulks nie en naaste swemstrand is of Port Shepstone of St Micheal's-on-Sea. St Micheal's-on-Sea is 'n baie lekker swemstrand. Gelukkig is als baie naby, binne 'n 10 km radius en is daarom nie 'n groot negatief nie."
"Lekker strand; daar is net heeltemal te min parkering. Groot probleem daar met Waffle House en dit is gevaarlik om oor die pad te stap. Die verkeer is erg daar."
"Manaba was an absolutely stunning destination and stunning beach. Will definitely be going back there."
"Leisure Baai is 'n pragtige plek vir natuurliefhebbers. Dit voel ongerep en pragtig tropies bebos. Alhoewel daar nie winkels en restaurante in Leisure Baai self is nie, is daar baie om te sien en doen in die nabye omgewing. Gaan kry gerus 'n toeriste tydskrif vir die omgewing om seker te maak julle mis niks nie."
"Rustig, selfs gedurende die baie besige Desember vakansiedae. Als gerieflik. Voorstel: Miskien kan die plaaslike winkels net meer voorraad aanhou."