Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.
"Jammer dat daar nie 'n Spar of ordentlike winkel in die omgewing is nie. Dit sal onnodige ver ry vir 'n skielike lekkerny "craving" dalk makliker maak."
"Uvongo is regtig 'n baie besonderse plek. Hierdie was 'n eerste vakansie in Uvongo en was ongelooflik mooi en rustig. Die plek sal ek definitief aanbeveel vir enige persoon. Daar is heeltemal genoeg aktiwiteite om jou besig te hou vir 10 dae. Die eetplekke was onoortreflik en die mense was baie gasvry."
"As jy 'n wegbreek soek, is dit die plek om te gaan. Dit is rustig en die mense is vriendelik."
"We enjoyed our time in Margate/Uvongo. It has all the shops, restaurants and coffee shops that one requires, and it was a very pleasant experience."
"Pragtige stil dorp, skoon en goed versorg. Die stande was pragtig skoon en ons het alles baie geniet."
"Amazing beach and it was nice and quiet and if you not keen on swimming you can take nice long wake on the beach."
"Ek dink dis 'n lekker plek en swemstrand. Stapafstand vanaf Margate Main Beach."
"Baie skoon strand, maar al wat nie mooi is vir die toeriste nie, is die mense wat so drink op die strand, by die swembad en daar waar die stalletjies is. Dit gee 'n slegte naam. Die polisie moet meer aktief wees op hierdie plekke - ek het nog geen polisie die heel week gewaar nie. Hulle ry bloot net in die straat van die strand af. Die karre wat oop staan en harde musiek speel is ook sleg. Afgesien daarvan verkies ek om vakansie in Margate te hou."
"Die strand is nie maklik bereikbaar nie, as gevolg van takke en rommel wat uitgespoel was deur die storm. Niks was sigbaar om dit weg te neem nie."