Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
"Ons was buite seisoen daar. So daar was genoegsame parkering en veiligheid. Die snoepwinkel het ook voldoen aan ons behoeftes."
"Alhoewel ek al baie in die omgewing vakansie gehou het, was hierdie die eerste maal wat ons in Shelly Beach gebly het en is dit duidelik waar die naam vandaan kom! Die strand het 'n verskeidenheid skulpe van alle kleure en groottes! Fantasties vir 'n skulpie-entoesias soos ek! Die strand was ook baie mooi en skoon en is nie so besig soos ander strande nie, alhoewel Shelly Beach nie sy eie swemstrand het nie (sover ek kon agterkom), daar is wel 'n baie mooi tidal pool gewees."
"Het al 'n paar keer in Pennington gebly vir vakansie, rustige atmosfeer en nie te besig. "
"Palm Beach is out of town and away from the city life rush. Beaches are very private and secure."
"Ons gaan elke jaar na Margate/Ramsgate en geniet dit terdeë om bietjie te rus, dit is veilig en ontspannend met genoeg om te doen en te besoek."
"Pragtige vakansie geleentheid, ideaal en sentraal geleë. 'n Verskeidenheid van heerlike strande en baie om te doen."
"Rustigheid net buite Margate en ideaal geleë met 'n skoon swemstrand en ook visvanggeleentheid vanaf die rotse. "
"Die strand is skoon en die pad af na die strand is splinternuut oorgedoen en die munisipaliteit wat aandag daar bestee doen 'n uitstekende werk!"