Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

South Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.

Uvongo, Suidkus

H2O Self-Catering

"Uvongo is 'n lekker plek om vakansie te hou. Daar is baie plekke om te besoek, en baie aktiwiteite om jouself mee besig te hou. "

Palm Beach, Suidkus

Vaucanga Thuarsi

"Die strand was skoon en ons het personeel gesien wat rondloop op die strand met swart sakke op soek na moontlike rommel. Die ablusiegeriewe op die strand was baie skoon en netjies. Die braai en piekniek area was baie netjies en skoon. Ek hou daarvan dat geen klappers toegelaat is by Palm Beach nie en die natuurskoon is pragtig. Ons kinders het heerlik geswem en die veilige strand swembad en baie skulpe op getel. Ons het vir ure al die verskillende seeplantjies en diertjies bewonder in die rotspoele."

Sea Park, Suidkus

Lombok Lodge

"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."

St Michael's-on-Sea, Suidkus

Villa Cordoba 26

"Baie lekker strand en goed geleë."

Uvongo, Suidkus

Pioneer House

"Ek is nie 'n Natal " fan " nie maar wil sê Uvongo was baie lekker selfs die strand op Kersdag was puik."

St Michael's-on-Sea, Suidkus

Collin House

"Lekker vakansiebestemming."

Margate, Suidkus

Dieu del-amor Guest House

"Ons het baie geloop en winkels gekyk, nie gekoop nie, dus kan ek nie juis kommentaar gee oor Margate nie. Al wat vir ons sleg was is die baie "tattoo" plekkies en die mense wat hulle so laat teken en inkleur al of hulle nie inkleurboeke gehad het toe hulle klein was nie. Dit is ons kommentaar nie die algemene publiek s'n nie."

Ramsgate, Suidkus

Country Lodge Inn

"Ramsgate baie mooi plek, sal enige tyd daar gaan bly vir 'n vakansie!"

Pennington, Suidkus

Nkomba Beach Cottage

"Die dorp en plek is aangenaam."

Shelly Beach, Suidkus

Madge Cottage

"Hou van Shelly Beach, baie sentraal van ander besienswaardighede."

Umtentweni, Suidkus

Ambleside

"LEKKER STIL PLEKKIE BINNE BEREIK VAN GROTER STRANDE."

Ramsgate, Suidkus

Ramsgate Palms 73

"Baie netjiese, vriendelike plekkie met verbasend meeste Afrikaanse toeriste! Ons het Ramsgate baie geniet. "

Margate, Suidkus

Del Su Me 6

"Dit is nie meer so veilig nie. Baie inbrake oor Desember-tyd!"

Manaba Beach, Suidkus

Dumela36

"Nie so besig soos Margate hoofstrand nie, graswalle sal ook baie gewild wees soos by Shelley Beach."

Melville, Suidkus

1 Boboyi Mangrove Beach Estate

"Ek dink dit is rustig maar sal sê dit voel meer soos 'n klein plattelandse dorpie as 'n vakansie area veral die opset van die strand moes maar elke keer ry om by 'n bank of Spar te kom sal aanbeveel dat hul maar moet oorweeg om so iets aan te skaf nader vir goedkoper items."

Ramsgate, Suidkus

Country Lodge Inn

"Strande was skoon en atmosfeer was lekker."

Warner Beach, Suidkus

Linger Longer Self-catering

"Warner Beach self is wonderlik. Daardie deel van die Natalkus het kilometers se strand, so jy voel nooit doodgetrap nie. Ook goed gepatroleer deur die polisie."

Uvongo, Suidkus

Driftsands Sea Front 10

"Uvongo sal beslis nommer een op ons lys bly. Die is baie veilig en rustig."

Shelly Beach, Suidkus

Seascape 18

"Baie lekker area en lieflike strande!"

Leisure Bay, Suidkus

Tomyra's Lodge

"Rustige natuurskoon area, moet behou word as bewaringsgebied."

Umtentweni, Suidkus

Royston Hall Historical Guest House

"Pragtige kusdorpie. Baie goeie restaurante. Baie opsies vir gesinsvermaaklikheid."

Uvongo, Suidkus

Laguna La Crete 173

"Uvongo is uitstekend vir families met kinders."

Uvongo, Suidkus

Aride Holiday Apartments

"Heerlike swemstrand."

Ramsgate, Suidkus

Beach Motel

"Het die area meer geniet as Margate. Was stiller en meer rustig as bv. Margate se strande."

Ramsgate, Suidkus

59 Ramsgate Palms

"Baie lekker blyplek net jammer munisipaliteit het riool in see laat loop so kon nie swem. As mens see toe ry vanaf Limpopo wil jy graag daarin mag swem sonder om diaree ens op te tel. "

Uvongo, Suidkus

Laguna La Crete 227

"Uvongo is die ideale plek vir 'n familie om te kom vakansie hou!"

Umtentweni, Suidkus

Tweni Holiday Flat

"Die Umtentweni strand is baie goed, die see is heelik om in te swem, die branders gooi jou nie om en rol jou vol sand nie. Die golwe is golwe, nie branders nie. Die parkeerplek is netjies en die strandkafee het alles vir die strand. Die restaurant op die hoek het heerlike kos en geselskap. Umtentweni is baie goed geleë naby groter sentra en rustige natuur."

Margate, Suidkus

Dumela Flat 1

"DIT WAS DIE MOEITE WERD OM DAAR TE GAAN VAKANSIE HOU."

Hibberdene, Suidkus

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

"Ander dorpe was naby so wat nie daar was nie was nie te erg nie. Het net na volgende dorp gery. "

Blad
Blad 154 - Wys 4591 tot 4620
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang