Geverifieerde Resensie
Sunday's River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunday's River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 539 resensies.
Boesmansriviermond, Sondagsriviervallei
River Cottage"Die rivier is iets om te beleef. Dis asof die see sy arm uitgestrek het na die binneland toe, daar is 'n oorvloed van vis en voëllewe en natuurskoon."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
La Petite"Vir die persoon wat op sy verlof net wil "chill" en niks doen."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Cannon Rocks Beach Suites"We loved staying there! Peace and quiet. Tranquil."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Stille Waters"Cannon Rocks is serene. A quiet and peaceful place. Very friendly people."
Alexandria, Sondagsriviervallei
Heritage Guest House"Alexandria is 'n plattelandse dorpie, omring deur plase. 'n Goeie basis waarvan jy die Oos-Kaap kan ontdek. Goeie padstalle en koffieplekkies naby. Slegs 15 minute vanaf Kenton on Sea. 'n Kort ent verder, dan is jy in Port Alfred. Dit was heerlik om die area te ervaar."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Oh Hello"Quiet little village with lovely walks and has a restaurant and small shop."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
500 on Alice"Boknes en Cannon Rocks is entjie vanaf hoofpad, so lekker rustig. Die area grens aan die bewaarde Alexandria-kuswoud en groot duineveld gebied. Pragtig maar daar sal sterker ingryping moet wees teen stropery. Baie wild en rotslewe, poele wat voorheen gevul was met seelewe is leeg en word steeds gestroop. Cannon Rocks gaan "desolate rocks" word een van die dae sonder beter optrede. Dis juis hierdie unieke bate van die area wat dit sy hoe eiendomswaarde gee."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Oh Hello"Beautiful village, I enjoyed the Cannon Rocks trail through the forest and the way back on the beach. Amazing coastal views."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Stille Waters"Cannon Rocks is 'n woonbuurt waar 'n mens kan sien dat die inwoners is trots om daar te woon en die tuine en eiendomme is goed versorg. Die inwoners is so vriendelik as jy verby hulle ry en 'n mens word omtrent gegroet."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Stille Waters"Stil plekkie. Pragtige strand. Heerlike restaurant."
"Die paaie het opgradering nodig, daar is 'n tekort aan meer winkelsentrums insluitend slaghuise. Verblyfkoste is redelik, baie gastehuise is loopafstand. Ek het gaan draf die oggend tot by Look Out en het redelik veilig gevoel. Hulle moet net sypaadjies aan bring vir voetgangers veral soos jy uit Kirkwood gaan."
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
SonnenMeer"Dis 'n ware rusoord en pragtig, rustig en het nooit bedreig gevoel deur enigiets of iemand nie. Ek sal dit as 'n veilige toeristebestemming beskryf."
"Ideal for business or short visits, although the surroundings are so inviting. "
Cannon Rocks, Sondagsriviervallei
Alistair House"'n Rustige plek met vriendelike mense en 'n lekker staproete."
Boesmansriviermond, Sondagsriviervallei
A'marula Cottage"Dis 'n pragtige omgewing om te besoek, en vir water-aktiwiteite is dit seker idilies. Maar vir toeriste en motorfietsryers is dit maar baie verlate. Restaurante maak vroegmiddag toe, en daar is nie enige winkeltjies vir die koopsoekers nie. Baie rustig, maar jy sal voorbereid moet kom met 'n paar kruideniersware. Vir wegneem-etes was Continental Take-Aways in Kenton-on-Sea 'n lewensredder, en die kos was heerlik. Nie regtig 'n area om oor huis toe te skryf nie."