Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1607 resensies.
"Gariepdam was vir baie jare 'n pragtige bestemming, maar die agteruitgang is baie duidelik sigbaar en sakemanne sal maar sukkel om goeie besigheid daar te doen vorentoe, mits die owerhede van hulle kant af ook 'n poging aanwend om die dorp ten minste in stand te hou."
"Sal beslis meer oor die dorp se geskiedenis wil uitvind, ongelukkig was ons verblyf te kort om alles te kon doen wat ons wou, maar sal beslis weer die dorpie besoek."
"Ek en my gesin geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis baie mooi daar en rustig."
"Baie geskiedenis aan die dam. Mens kan ook 'n toer bespreek om binne die damwal te gaan."
"Wonderlikste natuurskoon. Die Gariepdam is self mooi, maar as jy die Garieproete doen dan besef mens eers hoe groot dit werklik is."
"Ons het so pas eiendom in Bethulie gekoop omdat dit so klein en stil is en snags is die sterre so mooi en helder. Ons moet nog self al die geskiedenis van die dorp leer ken en daar is heelwat."
"Hierdie keer was die dorp baie lawaaierig met voertuie wat tot na 03:00 op en af gery het by ons tent verby. Ons sal nie gou weer in Bethulie oorslaap nie."
"Ons het nie baie tyd spandeer in Venterstad nie, maar met die dorpie se ligging so na aan die Gariepdam, lyk baie belowend vir 'n kort verblyf on die area te verken."