Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Baie goed, net van die aktiwiteite en dinge wat jy wil doen is duur. Moeite werd om daar vakansie te hou."
"Ons is gaande oor Knysna, die omgewing is asemrowend mooi en sal sommer permanent daar wil bly."
"Knysna is mooi, die woude self het ek besoek en dit baie mooi gevind."
"Baie lekker plek om na toe te gaan vir 'n naweek of vakansie. Mense oor die algemeen baie vriendelik."
"Heerlik geëet by die plaaslike restaurant Nautical South. Lieflike strand en rustige omgewing."
"'n Pragtige, vriendelike dorpie. Die inwoners baie behulpsaam, veral met aanwysings na spesifieke plekke. Regtig heerlik gebly en gekuier. Kom verseker weer terug!"
"Die hele omgewing is ingerig vir toerisme. Daar is dus genoeg goeie eetplekke, besienswaardighede en goed om te doen in 'n uiters mooi omgewing."
"Vir die besoeker - baie om te doen, sien en heerlike restaurante met 'n verskeidenheid van disse wat voorgesit word."
"Stilbaai is 'n wonderlike wegbreekplek, met die mooiste strande en heerlike rivier en stapplek en fynbos en wat jou hart ook al begeer. Geen wonder mense tree al hoe meer daar af nie. Die vriendelikheid van die gemeenskap was opvallend en ek het oral veilig gevoel. Meer ideaal sal 'n mens moeilik vind. Ek sal volgende keer net langer bly en die res van my reis korter maak. "
"Skoon, gerieflike dorp met vriendelike mense. Huisves Oakdale Landbouskool en die Nasionale Junior 560 Toutrekspan."