Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."
"Ons het dit baie geniet in George. Sal graag langer volgende keer wil bly om meer te sien."
"George is vir ons sentraal geleë, en bied baie genot met al die omliggende aktiwiteite."
"Baie mooi natuur, baie om te doen in die omgewing, lekker eetplekke. Tapas is 'n moet!"
"Pragtige oord op Breëriviermonding geleë. Ideal vir boot-, hang-gliding en visvangvakansie."
"Daar is baie om te sien en doen, maar die somerhitte is erg. Liewers herfs of lente vir my volgende keer."
"Baie sentraal tot Stilbaai, Vleesbaai en Boggomsbaai, sowel as Karoo-dorpe soos Barrydale of De Rust vir mense wat hier en daar wil uitry vir verskeidenheid."
"Gouritsmond is 'n lekker plek as jy saam met die regte mense gaan, maar as jy alleen gaan is daar nie veel om te doen nie. Wees voorbereid op die feit dat jy jou eie vermaak moet maak, maar ek kan verseker dat dit 'n lekker plek is met 'n baie lekker strand as jy hou van swem en in die son lê!"
"'n Uitstekende vakansiebestemming met heerlike weer reg deur die jaar. "
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie en die strand was een van die beste tot dusver. Ons het die strand en klein eetplekkies vreeslik geniet en het ten alle tye veilig gevoel. Ons sal beslis weer daar gaan vakansie hou!"
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Een van ons gunsteling vakansiebestemmings. Sal enige tyd, keer op keer terugkeer."