Geverifieerde Resensie
Tzaneen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tzaneen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 275 resensies.
"Heerlike en wonderlike tropiese dorp met die mooiste natuur, mooiste bome, mooiste plante!"
"Magoebaskloof area is so mooi. Tzaneen ook pragtig. Sal gerus weer kom kuier."
"Tzaneen is 'n pragtige plek. Daar is die Asalea Tuine, die Modjatjie Woud met sy ongelooflike broodbome en dan die grootste kremetartboom. Die mooiste dorpie Haenertsburg moet besoek word. Sal lank daar kan deurbring. Skoon, netjiese omgewing."
"Pragtige plek, fantastiese instandhouding, welversorgd en baie vriendelike, professionele personeel. "
"Die dorp se ligging en gematigde winters maak dat dit heel jaar 'n aantreklike bestemming bly. Daar is alle geriewe insluitend hotelle, privaat mediese dienste en groot inkopiesentrums. "
"Die pad voor Tzaneen in die nag is baie sleg. Die ander padgebruikers stoot jou van die pad af. Tzaneen se weer is baie lekker. Verder het ons nie eintlik iets van die dorpie te siene gekry nie. "
"Tzaneen sal altyd vir ons spesiaal wees omdat Dalene in daardie omgewing grootgeword het en daar gewerk het vir 'n paar jaar. Die natuurskoon is ongelooflik en die klimaat wonderlik! Ons het twee eetplekke baie geniet:- "Yum-Yum" in Boundarystraat en "Dei Gratia Family Restaurant" in Agathastraat (oorkant Tzaneen Laerskool). Albei hoogs aan te beveel vir voornemende besoekers aan die dorp. "
"Tzaneen is very clean, nice & refreshing. People are friendly & kind. The town is very peaceful."
"Tzaneen self is 'n pragtige, tropiese dorp. Veral Magoebaskloof is prentjiemooi. As ek sou teruggaan Tzaneen toe, sal dit Magoebaskloof wees."