Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1011 resensies.
"Dit is die moeite werd en ek beveel dit aan vir enige gesin. Julle sal dit geniet, 'n mens swem lekker in Uvongo. "
"Die strand is die beste strand waar ek nog was, veral as jy kinders het. Die strand loop egalig in die see in. Daar is 'n restaurant reg op die strand en dit is nooit te vol nie. Ons gaan nog elke jaar soontoe en sal definitief weer na Uvongo teruggaan."
"Great place to visit with such a beautiful beach, I couldn't stop taking pictures. "
"My daughter got sick on the third day from the Lagoon water in Uvongo and ended up at the Margate Hospital needing medical attention for dehydration. We only found out from the doctor that there was a raw sewerage pipe burst that contaminated the water. "
"It is an ideal place to take your family for a nice holiday vacation, I cannot wait to return on my next holiday vacation."
"Baie lekke gekuier. Veilig en strande was skoon, al was dit besig en oor Nuwejaar. "
"Uvongo se strand is baie lekker met die lagoon, en met die rotse aan die agterkant keer dit baie wind. Die dorpie het alles wat mens nodig het en is naby genoeg aan ander dorpe as 'n mens bietjie wil gaan verken. Dit is ook nie te besig soos bv. Margate nie. "
"Ons het baie van ons vakansie gehou. Uvongo se see was baie vuil, het maar elke dag in Ramsgate gaan swem."
"Die strand is mooi, net jammer die riviertjie wat by die see invloei se water besit riool. Ons 5-jarige dogterjie het baie siek geword en die dokter sê dit is die water en ons moet nie daar swem nie. Daar is geen borde op wat toeriste waarsku nie."
"Sal probleme met besmette water moet oplos. Twee lede van my gesin moes hospitaal toe gaan vir behandeling as gevolg van die besmette water by die strand."
"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."
"Nog net so mooi soos 30 jaar gelede toe ek die eerste keer my voetspore gelos het op die strand!"
"Alles wat jy benodig is daar en binne loopafstand. Dit is nie so besig soos omliggende plekke nie, maar binne 5 minute is jy op plekke met verskeie opsies."