Verified Reviews
Vanderbijlpark
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vanderbijlpark
Rated 4 out of 5 based on 129 reviews.
"Visited for the specific purpose of attending a breadmaking course. Don't know much else about Vanderbijlpark."
"As a result of pollution in the Vaal River system, Vanderbijlpark as a tourist attraction is losing a lot of its attraction."
"Gebaseer op die post-WW2 stedelike ontwerp van Lusstelselontwerp wat wegbreek van die konvensionele roosterpatroon wat voorkom by die meeste Suid-Afrikaanse dorpe en stede. Sasolburg is soortgelyk aan Vanderbijlpark, gebaseer op 'n lussteselontwerp. Dit verdeel 'n stad op in selle en selle met dieselfde doel word saam gegroepeer soos residensiële voorstede met die sakegebied in die middel van stad. Swaar nywerhede kom die verste noorde voor en gedistansieer van stedelike funksies. Ligte nywerhede kom die verste oos voor in die sentrale gebied. Die meeste hoofstraatname eindig op die woord boulevard. Die hoofstrate is geleë in wye straatreserwes met dubbelrybane in beide rigtings en soms geskei van 'n eiland. Die hoofstrate is 'n skeletstelsel wat voorstedelike funksies verbind en ook verbind met sekondêre paaie. Baie van die hoofstrate het 'n geboogde ontwerp om die verre horison uit te skakel wat die voet meer op die rempedaal fokus as die petrolpedaal. Dit hou die motoris oplettend en waaksaam. Strate in residensiële gebiede is meestal singels, doodloopstrate en T-aansluitings kom dikwels voor. Dit lokaliseer die funksie van die strate meer tot die inwoners van die voorstad en hou onnodige en ongewensde verkeer uit die voorstad uit. Opvoedkundige instansies soos Vaal University of Technology en Noord Wes Universiteit Vaaldriehoek kampus kom ook hier voor. Loch Vaal in die weste bied talle restaurante en oornagpunte vir vakansiegangers. Aangesien die stad grens aan die Vaalrivier bied dit talle geleenthede vir watersport, o.a. hengel, roei, motorbote, Regatta kompetisies, golf. Daar is ook Emerald Resort & Casino."
"Kom van Vanderbijlpark af, meer as twee jaar in die Wes-Kaap. Ongelukkig is die Vaal Driehoek besig om uitmekaar te val."
"Sal nie kan sê dat Vanderbijlpark 'n toeristebestemming is nie. Al wat miskien toeriste sal aantrek is die Emerald Casino."
"Vanderbijlpark is a nice suburb to get away from the noise of the big city, very affordable area as well."
"Very nice city, friendly people and very good restaurants! Many places to visit."
"Netheid van die dorp is hoogs bevredigend, behalwe vir onnodig baie gate in die paaie. Daar is baie buitelug aktiwiteite aan die Vaalrivier; restaurante en ander fasiliteite is goed versprei deur die dorp. 'n Aangename bestemming vir reisiger en werker. "
"Was by 'n paar plekke soos die Emarald Waterdome en Animal World. Dis netjies, maar dit kan baie besig raak. Gas Monkey Pub & Grill is 'n lekker plek om te gaan eet en kuier en die diens wat ons gekry het was goed."
"Lots of good lodges, hotels and guesthouses in and around Vanderbijlpark. Malls, good schools, golf course and lots of good restaurants. Yes, some of the roads are not good, but overall a nice town."
"Die KFC se hoender was baie sag en baie vars. Het ook Gas Monkey restaurant besoek, awesome plek. "
"Vanderbijlpark het nogal baie agteruitgegaan vandat ek laas daar was. Jy het jou veilige en minder veilige areas. Die gedeelte waar ons gebly het is baie veilig gemaak deur die eienaars. "