Geverifieerde Resensie
Vanderbijlpark
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanderbijlpark bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 129 resensies.
"Ons was erg geskok oor die algemene toestand van die paaie in Vanderbijlpark se woonbuurte. Beefwood road waar die gastehuis geleë is, is egter in 'n goeie toestand. Strate soos byvoorbeeld Lepelhoutstraat is vervuil met gevaarlike slaggate. Die algemene padoppervlakte is in so 'n swak toestand dat herstelwerk nie die oplossing is nie. Die meerderheid van die strate sal oorgeteer moet word."
"Ons het net gegaan om die naweek by die Aquadome te spandeer. Die dorp is baie netjies en ons sal graag weer gaan en verder gaan besigtig."
"Dit was heerlik om so teen die Vaalrevier langs te kuier by elke plekkie en te sien wat daar aangaan!"
"Baie sentraal tussen die Kaap en Limpopo geleë. 'n Netjiese dorp met al die nodige infrastruktuur. Goeie en maklike toegangsroetes."
"Sien uit na ons volgende kuier! Lekker plek om af te saal! Baie dinge om te doen!"