Geverifieerde Resensie
Velddrif
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Velddrif bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 860 resensies.
"A few more activities would attract more than just those with boats and fishing hobbies. Not everyone enjoys swimming in the river and sea so a swimming pool would be excellent."
"Baie lekker vir iemand wat wil gaan ontspan en batterye laai weg van die stadslawaai en liggies."
"Die omgewing is netjies en skoon en 'n positiewe beeld wat uitgedra word deur die inwoners en plaaslike Munisipaliteit."
"Velddrif kan groei in 'n lekker toeristebestemming. So 'n plek soos Laaiplek Hotel sal moet opgradeer met hulle diens."
"As jy 'n voëlkyker en fotograaf is sal die Bergrivier jou aanstaan, want daar is regtig 'n besonderse verskeidenheid watervoëls. Of as jy jou eie boot het en lief is vir visvang. Verder is daar min om te sien en sal Paternoster meer aan te beveel wees."
"Ons sal graag wil eendag op die boat trips gaan wat daar deur beweeg, ons was ook by die jetty waar hulle visvang."
"Baie, baie mooi dorpie. Die Bergrivier is pragtig met al die flaminke. Baie lekker kos- en eetplekkies. Die mense is baie behulpsaam, opreg en verskriklik vriendelik. Velddrif is fantasties."