Geverifieerde Resensie
Velddrif
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Velddrif bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 860 resensies.
"It's near the Bokkom Laan. River full of flamingos. There is also 2 little restaurants. Beautiful view."
"Dis my grootworddorp en mens kan nie anders as om te rus en rustig te wees wanneer jy die Weskus besoek nie."
"Ou wêreldse karakter en romantiek. Niks opgesmuk, maar eerlik en juis daarom kosbaar."
"Velddrif is sentraal in die streek en is dit maklik om in enige rigting te ry om plekke en veral blomme te besoek."
"A lovely little town. Very friendly. Lots to see and do if you like quaint places, birds and wild flowers."
"Ons kon baie dorpe in die omgewing besoek sonder om te veel kilometers af te lê. Die winkels in Velddrif het heeltemal in ons behoeftes voldoen en ons het die gholfbane in die omgewing baie geniet."
"90 minute van die Kaap en 'n heel ander ervaring. Ek hou van die eenvoud, maar dis dalk nie vir almal nie."
"Covid-19 maak Velddrif ook baie seer. Bly ons kon 'n bietjie ondersteun."
"Port Owen has a lovely waterfront area which we love. This and the bird sanctuary make for great camera shots! The local restaurants and craft beer establishments are a must visit. "
"Die wind kan baie sterk waai aan die Weskus en erg onplesierig wees, maar op die dae wat die wind nie waai nie, is dit heerlik by Dwarskersbos strand en Bokkomlaan."
"Pragtige vissersdorpie. Heerlik om net te gaan stap waar mens wil wees sonder om heeltyd rond te ry. Ongelukkig nie veel om te doen indien daar kinders saam sou wees nie. Sterk aan te beveel vir paartjies sonder kinders. "