Geverifieerde Resensie
Vryburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vryburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 188 resensies.
"Weet nie of daar baie te doen is in Vryburg nie, daar is die soutpanne in die omgewing, maar die dorp is nogals nie besig nie. Soos genoem, daar is genoeg eetplekke, banke en petrolstasies en die strate is in 'n goeie toestand."
"Naby die "taxi rank" is die grypdiewe baie profesioneel en vinnig. En ongelukkig is dit waar Steers en Fish-aways is. Ek het ook brandstof by die Engen garage langs dit ingegooi en toe ek uitry en stop by die robot het 'n grypdief die linker agterdeur van my motor probeer oopruk om my vriendin se handsak wat op haar skoot was en haar selfoon teen haar oor, te gryp. Genadiglik het ek die knoppie gedruk wat al die deure sluit net nadat ek ingeklim het na betaling van brandstof. So hou jou voertuig deure al die tyd gesluit en natuurlik die motor vensters toe, al is dit ook hoe bedompig in die kar."
"Ons het net deurgery, maar ek is seker as jy bietjie moeite doen is daar heelwat interresante dinge en plekke in Vryburg. Al die dorpies waardeur ons getoer het, het elk hul eie bekoring."
"Ons het net deurgery, maar ek is seker as jy bietjie moeite doen is daar heelwat interresante dinge en plekke in Vryburg. Al die dorpies waardeur ons getoer het, het elk hul eie bekoring."
"Dorpie is maar oud en vervalle. Ons het vir familie gaan kuier. Sou nie vir sommer net vakansie Vryburg besoek nie."
"Ons het die aand kos van Fishaways bestel (per telefoon) van die dorp af. Hulle was ook baie professioneel en vinnig en het selfs bevestiging van ons bestelling na die selfoon gestuur."
"Vryburg het ons werklik verras. Dit is 'n skoon en rustige dorp met vriendelike inwoners. Ons het die aand heerlik geëet by die Spur en daar was 'n wag in die straat om na ons voertuig en waentjie te kyk terwyl ons eet. Ons sal enige tyd weer Vryburg besoek/daar oorslaap."
"Vryburg is rustige dorp om ons siel te kon rus, want daar is geen groot winkels nie, maar dit is lekker om net as gesin saam te kuier. Toe ons teruggaan, het ons deur Vryburg gereis en dit was doodstil in teenstelling met vandag se leefstyl. Ons het uit Gauteng na Boereplaas gery waar hulle ons aanbeveel het om tussen Delareyvile/R377 na Stella/N18 te ry, maar die pad was vol slaggate, en op die einde was die pad reg. Ter aanbeveling moet 'n mens na Vryburg op die N14 in dorp self ry en dan afdraai op die N18. "
"Wow, ek was verras om te sien hoe groot die plek is. Ek het ongelukkig nie uitgevind of daar enige besienswaardighede is nie, want ons het elke keer met sononder daar deurgery. By 'n teekamer die oggend het ons buitelanders gesien en baie fietsryers van alle ouderdomme, so ek glo daar moet 'n toeristeaantrekking wees. maar ek is nog onbewus daarvan. "
"Daar is baie besienswaardighede en kan 'n mens lank daar besig hou om alles te besoek"
"Ons het net oornag in Vryburg, was baie aangenaam en lekker. Baie gerieflik vir oornag."