Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Dis is naby Navilsig waar mens lekker kan rondry en wild sien sonder enige koste by ingang."
"Baie slaggate in paaie. In die omgewing is Golden Gate en Clarens wat ons geniet het."
"Gerieflik om te bereik vanaf N1. Naby stad en besienswaardighede. "
"Een dag is te min om al die plekke te besoek. Eet Sondag by De Vette Mossel en moet asb. nie daai Sondag ontbyt eet nie."
"Kan nie wag tot die volgende trip na Clarens toe nie. So gehoop dat die blanket shop nog bestaan het waar ons van die oorspronklike Lesotho komberse kon kry."
"Ons oorlede ouers het jare daar gewoon en dit is ook 'n pragtige dorpie met lekker snuffelwinkeltjies en koffieplekke. Lekker vir 'n naweek-wegbreek."
"Die hospitaal en die een hoofpad is naby aan Park West en dan hoor mens die ambulanse as daar 'n noodgeval is en sekere motors wat probeer spog in die middel van die nag."
"Vrede op aarde, waar jy deur rustigheid oorval word om elke hoek. Die vriendelike verwelkomende mense van die dorpie word ook sommer goeie vriende! "
"Het nog altyd baie van Clarens gehou en elke besoek is spesiaal. Moet egter erken dat swak diens by meer as twee restaurante ons besoek hierdie keer bietjie ontsuur het. Hoop die eienaars skenk aandag hieraan."
"Serious potholes on the roads to Bothaville (R59) and Kroonstad (R76) from Viljoenskroon."
"Die gate in die paaie gee 'n wrang smaak in 'n mens se mond veral as jy daar opdaag met 'n voertuig wat meestal geskik is vir 'n hoofweg."
"Interesting little Free State town. Would like to spend more time there."
"Dit is 'n baie skoon en netjiese area. Toegang tot die stad is maklik en so ook na die hoofroetes in en om Bloemfontein."