Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2618 resensies.
"Baie lekker met baie aktiwiteite om te doen. Met meer as genoeg winkels, net jammer baie van die restaurant in Waterfront het afgebrand."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Bosveld Vreugde - House Zebra"Die borrelbaddens moet net in werkende toestand wees."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vrede in Leeupoort Vakansiedorp"Skoon, veilig en almal is vriendelik."
"Quick place to get away from bustle and hustle of city life. It has different offerings."
"Ons het famile en vriende daar. Die weer is heerlik. Dis die plek om vakansie te hou of om net te gaan rus."
"Mooi plattelandse dorp met vriendelike mense! Kaya Kwa so 10 km buite Thabazimbi is 'n heerlike plek om te kuier en te eet! Koolstoof eetplek binne Thabazimbi. Hulle sal hul kosgehalte moet verbeter!"
"Met soveel vakansieplekke in en rondom Modimolle, is dit altyd lekker om daar te kuier. Soms moet 'n mens 'n bietjie meer moeite doen om die plek self te leer ken. Ons het nog net op aanbevelings na sekere winkels gegaan en het nog altyd goeie en vriendelike diens ontvang."
"Ons was baie verras omdat die dorp so skoon is. Dit is sommer lekker om so iets te sien."
"Die Adventures with Elephants is baie goed en 'n uitstappie na Zebula Lodge vir 'n middagete is 'n moet."
"Legend Golf Safari Resort is glad nie die moeite werd om te besoek. Die gholfbaan kom verwaarloos voor en die "Pro-Shop" personeel is onwillig om spelers op die baan te akkommodeer. Hoewel die baan geen spelers gehad het nie, beweer hulle op telefoniese navraag daar is geen gholfkarretjies beskikbaar nie. Op ons aankoms by die gholfklubhuis, staan verskeie karretjies buite met nog meer in die stoorarea. Die hoofdoel van 'n besoek aan die oord vir 'n gholfspeler is tog om gholf te speel. Die personeel moedig dit glad nie aan nie. Diens by die halfweghuis is uiters traag en stadig. Sal baie beslis nie iemand aanraai om hierheen te gaan as die doel is om gholf te speel nie. Verskeie restaurante word geadverteer. Met ons aankoms word ons meegedeel dat slegs die halfweghuis by die gholfklub beskikbaar is, met geen a la carte spyskaart nie. Die prys vir die vasgestelde spyskaart is nogal styf. Geen alternatiewe nie en jy kry die gevoel dat jy moet neem wat jy kry of daarsonder bly. Die pizza restaurant het eers die daaropvolgende aand aan die bedryf gekom."
"A great place to enjoy your holidays. People are great, friendly and lovely. One will in future consider to go there again. "
"Daar is wel 'n bord by ontvangs om kliënte in te lig dat daar 'n 13% heffing is as mens met enige kaart betaal. Ek sou dink dis iets wat hulle moet by sê as jy jou bespreking maak, en nie eers as jy daar aankom nie. Ek het wel met 'n debietkaart betaal, en daar was nie 'n heffing bygelas nie, so nie seker hoe hulle bepaal wie die 13% heffing betaal nie."
"Bela-Bela as toeriste bestemming is uitstekend geleë vanaf Pretoria. Omring met vakansieoorde om elkeen se sak te pas en aan almal se vereistes te voldoen. Ook die eetplekke en winkelsentrums is gerieflik tot mens se beskikking."