Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dis so mooi op Paternoster. Blikkies Pizzaria was wonderlik en ek kon my hond soontoe vat, was absoluut 'n perfekte naweek! Sal beslis weer hierheen kom!"
"Missed the flowers so make sure to find out when they bloom, if that is your purpose for a visit."
"Yzerfontein is rustig, pragtig met baie vriendelike mense. Dit is regtig perfek geleë, naby genoeg aan Kaapstad, maar ver genoeg om te voel jy is uit die malle dolle lewe uit. Heerlik om jou siel rustig te maak."
"Central to travel on the Western Cape West Coast, e.g. West Coast National Park, Vredenburg, Paternoster and the Peninsula."
"Juweel van 'n dorpie met pragtige grondpaaie om te verken. Opregte Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"Nie seker oor die veiligheid van die omliggende area nie. Ek sien 'n mens moet liefs in groot groepe stap en nie alleen nie."
"Ons het nie geweet van die 100 Jaar Fees wat gaan gehou word daai Saterdag nie. Ons het Langebaan vreeslik geniet. Dis definitief 'n dorpie wat ek bo ander dorpies sal kies. "
"We were pleasantly surprised with the number and quality of restaurants! As well as the various activities in and around the town!"
"Die bestemming het klein juweeltjies wat mens nog seker moet ontdek. Die strand met baie voëllewe was fantasties en die klompie klein winkeltjies 'n aanbeveling - kan daar lekker rondsnuffel vir oulike geskenkies."
"Clanwilliam is soos 'n ongeslypte diamant - elke keer kry jy 'n nuwe laag van wonder! Dit was my 5de besoek en weereens kon ek nuwe wonders en nuwe plekkies ervaar. Die omgewing is absoluut pragtig en die dam 'n ervaring! Goeie oornagstop met baie toerisme-ervarings."