Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Saam met Struisbaai is dit 'n oorweging. Andersins is grootste aantrekkingspunt die Suidpunt tussen Indiese en Atlantiese oseane vir 'n unieke foto-geleentheid."
"Loopafstand van winkels. Baie stil in die nag. Voertuie agter 'n hek naby die kamers. Nodige toerusting soos bekers, ketel en yskas vir oornag. Ook 'n waaier vir die warm aande."
"Interessant, rustig. Moenie op Sondae besoek nie - daar gaan niks aan nie (miskien een restaurant oop tot 14:00)."
"Pragtige plek en so veilig. Ons swem goed soos opslaan stoele en sambrele het onder gestaan. Soms het ons nie eers die voertuig gesluit nie. Daar is niemand wat jou pla nie. Die die mense is so vriendelik wat permanent daar woon. Dis regtig 'n lekker plek gewees. Beveel met my hele hart Ons stukkie Hemel aan vir as jy rus en vrede soek en net wil wegkom van 'n gejag na wind. "
"Hermanus is my nommer 1 bestemming vir 'n see-vakansie regdeur die jaar en is gerieflik naby aan Kaapstad, slegs ongeveer 90 minute se ry!"
Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Oporto Village 344D"Ek sal beslis graag daar wil bly eendag. Stil, rustig en naby alle geriewe en strande."
"Oudtshoorn is 'n baie skoon dorp met baie lekker plekkies om te besoek en aktiwiteite om aan deel te neem. Dit is ook nie te ver van strande en ander dorpe nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Pragtige dorpie, maar verkies meer die plaas se natuur as dit by verblyf sal kom."