Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Seepunt is 'n baie besige omgewing, veral vir jonger mense. Dis nie 'n plek om heen te gaan as jy stilte en geen verkeer soek nie. Baie goeie ligging vir drawwers en fietsryers. Parkering in die straat oor piek tye is bittermin. "
"Hierdie woonstel is perfek geleë vir iemand wat aktiwiteite rondom die waterfront wil doen. Dit is letterlik loopafstand vanaf als wat ons wou doen."
"Heerlike plek vir 'n Desember vakansie! Top klas restaurante!"
"De Kelders is 'n pragtige kusdorpie naby aan Gansbaai en Uilenkraalsmond wat ideaal is vir kleuters met die lagoon. Dis ook naby Hermanus en Stanford met baie besienswaardighede!"
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Linkside is 'n stil, gevestigde area van Mosselbaai. Alhoewel daar nie winkels in die area is nie siende dat dit 'n woonbuurt is, is basiese winkels en winkelsentrums minder as 5 minute weg. Dis geleë op 'n heuwel met 'n uitsig oor Mosselbaai en dié se hawe, met 'n koel, suidelike wind wat gereeld waai uit die Punt se rigting."
"Net vir mense wat ver weg wil wees van alles. Gebrek aan restaurante/winkels in onmiddellike omgewing is teleurstellend."
"Central to the Southern Cape Garden Route coast and all it’s diverse offerings."
"As jy weg wil kom van die gewoel is Velddrif die plek vir jou. Sal beslis weer gaan."
"Century City is accessible to most of the point of internet."
"As ek kan sal ek 'n groot kompliment vir die munisipaliteit gee. Nuwejaars dag was besig en bemors, maar daai aand na 23:00 het hulle kom skoonmaak en al die rommel opgetel. Elke dag is die Strand netjies en skoon en dis baie skaars waar jy dit sien. 10 uit 10 Strand, dit wil gedoen word."
"As jy soek, beplan en moeite doen, is daar elke dag, vir 10 dae, iets anders om te doen. Ons het."