Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Muisbosskerm ete was fantasties. Voëleiland was teleurstellend. Die plek was nie mooi versorg nie en die curio winkel was so te sê leeg. "
"As jy die branders wil hoor klots is dit nie die regte bestemming vir jou nie. As jy stilte en rus en vrede wil hê is dit die regte plek vir jou."
"Die mooiste kusdorp, pragtige plekkie langs die see. Baie vriendelike, gawe mense. Ons het elke oomblik daar geniet!"
"Pragtig! Mooiste skoon dorp en pragtige see-uitsigte. Lekker eetplekke en perfekte vakansiebestemming. "
"Dit sou gaaf gewees het om inligtingsbrosjures in die gastehuis kon ontvang t.o.v. besienswaardighede in die omgewing. Oulike plek vir rus en vrede."
"Is a good place, clean and quiet. Beach around the corner. It was a good experience one will never forget."
"Chapman's Peak is asemrowend. Houtbaai se strand was bietjie vuil oor die feestyd, maar Llundudno is daar naby as alternatief. Sentraal om Kaapstad te verken. "
"Baie netjiese dorp. Net jammer die hoofstrand was so bemors op sekere dae. Ons het probeer om al die gemors op te tel, maar dit was 'n verlore stryd met die wind en daar is ook te min asdromme. "
"Ek het ses jaar gelede op Prins Albert verlief geraak en probeer om ten minste elke jaar daarheen te gaan. Wat 'n lieflike dorpie!"
"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "
"Loved Montague. The towns farm stalls and shops are full of interesting goodies. For avid gardeners this is a town worth visiting as so many delightful home gardens and character homes. A must is the protea farm tractor ride and potjiekos lunch - Residents of Montagu are very welcoming to tourists and are very proud of their town. The spar grocery Store was clean, well priced and had great staff. The Pepper Tree accommodation was superb. Ten stars for a small out the way Town! "