Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.

Klapmuts, Wes-Kaap

Bona Vista Self-Catering Accommodation

"Baie goeie ligging om die hele Wes-Kaap te besoek."

Swellendam, Wes-Kaap

Elianthe's Guest House

"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"

Campher's Drift, Wes-Kaap

Aziza Guest House

"Baie stil, veilige area."

Bloubergrant, Wes-Kaap

Blouberg Studios

"Niks veel nie. Ons het die kamer geniet. "

Dwarskersbos , Wes-Kaap

Slakkepas 52

"Sal beslis aanbeveel aan vriende en familie."

Santosbaai, Wes-Kaap

Baystay

"Net oorgebly en nie as toeris daar gebly nie. Was voorheen langer daar en dit was baie interessant."

Nature's Valley, Wes-Kaap

Tranquility Bed and Breakfast

"Ongerep. Wil weer terugkom vir 'n gesinsvakansie."

Sandbaai , Wes-Kaap

Sandbaai Country House

"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."

Stellenbosch, Wes-Kaap

Aan-den-Weg

"Stellenbosch is pragtig, met heerlike kos en natuurlik wyn, wat meer kan 'n mense se."

Strand, Wes-Kaap

Odeon Beach Break

"Dis 'n bietjie ver van Kaapstad en sy aktiwiteite, maar 'n wonderlike bestemming op sy eie."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Auds-Haven

"Baie goeie vakansiebestemming. Skoon en vriendelike mense."

Welgemoed, Wes-Kaap

Welgemoed Villa

"Aangename verblyf vir 'n goeie prys."

Prins Albert, Wes-Kaap

Prince Albert Country Stay

"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Sandkorrel

"Baie lekker, rustige see-dorpie. Mense is baie vriendelik."

Houtbaai, Wes-Kaap

Oakburn Cottage

"Goeie ligging en skoon dorpie."

Robertson, Wes-Kaap

Albatross Country House and Golf Retreat

"Robertson het ons stoutste verwagtinge oortref. Ons hou gewoonlik vakansie in die Hemel en Aarde-vallei en vind sy witwyne ‘n trekpleister, maar nadat ons Robertson, veral De Wetshof en Springfield Estate, se wyne geproe het, het ons vir seker nuwe gunstelinge! Die Viljoensdrif-bootreis is ook ‘n moet-doen!"

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Klein Afrika Wegbreek

"Die Swartbergpas en Meiringspoortpas en waterval en ook Rust en Vrede-waterval is definitief 'n moet om te besigtig."

Elandsbaai, Wes-Kaap

Ons Huisie

"Baie lekker rustig as mens 'n rustige wegbreek verlang. Al wat kort is 'n klein apteek met net die nodige medikasie. My man moes eendag vinnig Lambertsbaai toe ry om medikasie te kry vir een van die kinders. Ek het iets vir alle skete ingepak, maar sy het onverwags siek geword en haar koors en bors medikasie was toe net te min vir die tyd wat ons daar is."

Nuweland, Wes-Kaap

10 Melba

"Gerieflik geleë naby Kirstenbos."

Britanniabaai, Wes-Kaap

Accommodation @ Sea Trader

"Pragtige omgewing en strande. Baie privaat."

Paternoster, Wes-Kaap

Sandals

"Pragtige dorp, net jammer dat Tietiesbaai se kampterrein so swak bestuur word."

Struisbaai, Wes-Kaap

The Goose Nest

"Pragtig met besienswaardighede in omgewing. "

Sandbaai , Wes-Kaap

Jahwe Jihre

"It is nice to walk near the sea. But if you want to do more or see more you must drive to Hermanus. 10 minutes drive."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Die Rietjie

"Behalwe dat dit so ver van ons is en dit nou moeilik maak om elke dag daarheen te gaan het ons dit regtig so geniet, daar is so baie om te sien en te doen."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Seemeeu Huisie

"Nie al die winkels is oop vir lang ure nie."

Yzerfontein, Wes-Kaap

12 Main Road

"Yzerfontein is 'n lieflike, rustige dorp."

Blad
Blad 1394 - Wys 41791 tot 41820
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang