Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit is 'n lieflike area naby die see, baie gerieflik en jy sal baie gou tuis voel!"
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Ons was aangenaam verras deur Struisbaai! Dit is 'n lekker dorp met iets nuuts om te doen elke dag. Die strand is ongelooflik en het blue tier status - dis silwerskoon en dit kom voor asof verskeie lede van die publiek hulle deel doen om wanneer ook al die geleentheid hom voordoen, gemors op te tel - selfs op die visvangstrand by Struisbaai Plaas. Iets wat ons ongelukkig eers op ons laaste dag ontdek het was die De Mond Nature Reserve wat op 'n grondpad op pad Arniston toe is - die ingang is goedkoop en visvang word toegelaat. Struisbaai het wonderlike restaurante, 'n voldoende inkopiesentrum, baie plekke om te stap - o.a. ongeveer 3 km boardwalk al langs die see - die baai self is 'n stil see en ideaal vir watersport. Die visvangstrand kan maklik bereik word en is naby die dorp. Sal definitief aanbeveel!"
"Baie oulike dorpie, heerlike restaurante, ons kan Jam Tarts restaurant aanbeveel. Ook Barrydale Kelder is beslis 'n besoek die moeite werd. Hul het wyn, craft biere, pizza's en 'n baie mooi uitsig by die kelder. Goeie, lekker wyne teen 'n baie goeie prys. "
"Kleinmond is 'n lekker plek vir kinders! Ek en my man sal nie sommer alleen soontoe gaan nie, maar met 'n amper driejarige is dit lekker. Daar is 'n speelpark, bootjies, lagoon, see en stappaadjies. Ook baie oulike winkeltjies en lekker restaurante. Sorg net dat jy naby die see bly - nie aan die berg se kant nie."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en 'n heerlike plattelandse gees."
"Net bietjie bekommerd omdat daar geen straatligte is nie, slegs onder by see se kant."