Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Yzerfontein is 'n pragtige en rustige dorpie. Dit het die mooiste skoon wit strande en vir ons was 'n groot geluk om baie swart oestervangers te sien. En natuurlik 'n volstruis wat rondgepik het op die duin skuins voor ons woonstel. Dit het 'n supermark met goeie bakkery en slaghuis, vulstasie, snuisterywinkeltjies en restaurante. Dit is naby aan ander Weskusdorpies, nl. Langebaan/Mykonos, Saldanha, Darling en Vredenburg en die Weskus Nasionale Park as 'n mens die omgewing wil verken."
"Oulike dorp, ek sal nou nie self in die dorp oorbly nie, maar die omliggende plekke is 'n moet sien en daar is baie plekkies wat ek dink jul by jul lys kan gaan voeg. Ons het Oudsthoorn toe gery en Calitzdorp wat meer bied."
"Die visfabriek het 'n onaangename reuk verskaf, ons hoop van harte dat dit net tydelik was. "
"Maak 'n draai by Weskus Kombuis - vriendelike diens & goeie kos was nog altyd 'n wen kombinasie!"
"Ons het 'n heerlike aandete by die Karoo-Deli geëet en tot laat die aand saam met die eienaar gekuier. Hulle het 'n straatbraai-ete aangebied en elke tafel kon hulle eie vleis kies wat vir jou gebraai word. Saam met die ete was roosterbrood bedien. Een aand was te kort om alles te sien en bietjie te kon rondstap, maar ons sal definitief weer in Beaufort oorbly. "
"Fotos so 'n bietjie misleidend met die dat jy teenaan jou bure is. Lekker binnebraai vir koue dae, maar vir somersdae sal die een man braai buite nie werk nie. Daar is fisies net spasie vir een mens om te braai."
"Dis 'n lekker stil plekkie. Ek sou graag eendag daar wou aftree. Ai, 'n ou mag droom."
"Is aangenaam verras deur die middedorp, beskikbaarheid van dienste en min verkeer."