Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Oudshoorn het nie Uber dienste nie. Die fees het 'n diens gehad vir R10 'n rit, maar die taxi moes ook eers vol wees voor hulle vertrek het."
"Baie sentraal, weg van die geroesemoes van vakansiegangers, maar binne bereik van alles."
"'n Paar lekker restaurante en interresante winkels. Jammer daar is nie die gerief van 'n Spar of ander winkel vir basiese benodighede binne Kalkbaai nie. Die area het ook (ten spite van die groot huise teen die berghang) oud en armer voorgekom. Moet noem van Kalkbaai se teater en die restayrant Salt."
"Ongelooflike dorpie. Lekker rustig gedurende die dag met baie natuur aktiwiteite en in die aand is dit lewendig met wonderlike restaurante en ongelooflike kos!"
"Wou vars vis eet, maar 2 gewildste vis eetplekke kon/wou nie help nie. Wat van "Jy kan solank ietsie bestel om te drink en wag vir die volgende tafel om oop te gaan" Dink hul kan hul kliëntediens opknap, maar sal nie almal oor dieselfde kam skeer nie, het heerlike pizza gekoop by 'n baie vriendelike man naby Spar, ten spyte van 'n besige dag was hy steeds vriendelik."
"Ek en my gesin het Strand verskriklik geniet en sal beslis weer terug kom. Die die beste strand vir lang wandelinge in vlak water met 'n roomys in die hand."
"Lieflike stil, plekkie waar almal opreg is. Sal moet teruggaan om my hart te gaan haal wat ek daar verloor het."
"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."
"Myoli Beach is breathtaking with its wide sandy shoreline surrounded by hills. The sea was flat and calm when we visited and lifeguard's were on duty. Close by is the Swartvlei River Mouth. Pili Pili restaurant is situated behind the dunes where you can enjoy sun downers and pizza."
"Brandwacht self is 'n woonbuurt van Stellenbosch. Dit is 'n goeie toeristebestemming vir die omgewing."
"'n Moet om Gericke se punt toe te stap met lae gety. Dis pragtig met al die poele vol vissies en seelewe. Swem in Myoli se rivier met 'n tjoep as die gety inkom. Heerlik."
"Interessante dorp maar beslis "over-priced". Verblyf en restaurante. Aanvaar die dorp is gemik op buitelandse toeriste."
"Dit lyk vir my na 'n ideale vakansieplek. Jy moet 'n voertuig hê, want 'n besoek aan die natuurreservaat is 'n moet. Oulike restaurante voor teen die Waterkant in die dorp self. "
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Veilige, baie rustige plek! Winkels en wassery baie naby en die nuwe mall is net om die draai. Baie beïndruk en sal beslis weer soontoe gaan!"