Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Mooi oop strand, interessante plekkies in Harbour road en die berg maak dit die moeite werd om te besoek."
"Rustige atmosfeer en gerieflik naby Gansbaai vir nodige aankope. Ideale bestemming vir stadsjapies wat wil wegkom van die stad se gewoel en lawaai. Sal definitief weer besoek."
"Bloubergstrand was nog altyd my gunsteling vakansiebestemming. My hoogtepunt was tydens naweke wanneer die "kite surfers" die wind trotseer en die strand opvrolik met hulle kleurvolle vlieërs. Onvergeetlike ervaring."
"Al my verwagtige oortref. 'n Lafenis vir 'n stadsbewoner. Ons sal Paternoster gewis weer besoek."
"Al my verwagtinge oortref en nog meer. Hemel op aarde vir 'n stadsbewoner wat wil wegkom van die betonoerwoud se gewoel en lawaai. "
"Prins Albert is 'n moet sien. Daar is soveel om te sien. Die Swartbergpas is asemrowend. "
"Stil plekkie vir ouer persone om lekker weg te breek van die besige stadslewe. "
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."
"Warm, maar lekker om te sien die mense in die winkels is steeds baie vriendelik. Van die straat af lyk die plek maar bietjie verniel, maar aangename ervaring."
"Alles okay, want mens is naby die Punt en baie restaurants, ook naby Santos strand. "
"Witsand is 'n asemrowende mooi plek! 'n Juweel langs die kus. Pili Pili restaurant kan beslis aanbeveel word, hulle diens is puik en die kos heerlik! Hierdie dorpie sien my beslis elke jaar vir vakansie."
"Hou al vir baie jare vakansie in Langebaan. Gaan daarheen om baie vars vis te eet. Beste tye laat Februarie en Maart."
"Dit is n puik vakansiebestemming. Dis beide rustig en besig genoeg vir alle ouderdomsgroepe. Ons het ook baie veilig gevoel en kon selfs na donker langs die see gaan stap."