Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Te veel om te doen en te min tyd! Knysna en die omliggende omgewing bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede vir oud en jonk."
"Besoeke aan Monkeyland, Birds of Eden en Tokani ('n rehabilitasiesentrum vir leeus, tiere, luiperds, ens) behoort op jou emmerskoplysie te wees. Langer verblyf sal besoekers toelaat om nog vele meer te kan doen."
"Was aangenaam verras dat dit steeds relatief rustig was in die besigste tyd van die vakansieseisoen. Verkeersbeamptes is gereeld aan diens by punte waar dit besig is met al die toeriste. In geheel is dit 'n lekker vakansieplek vir oud en jonk."
"Beautiful beaches. A lot of nice things to experience in Plett, The Crags and Tsitiskamma."
"The Cederberg mountains are marvellous for hiking, rock-climbing, sight-seeing and exploring. The visitor gets the impression that there is much more to see, to do and to enjoy here, encouraging you to come again and again. It is especially recommended for lovers of nature as it is largely unspoilt wilderness. "
"Ons is mal oor die Malmesbury-omgewing. Dis altyd lekker om soontoe toe gaan. Die mense is altyd vriendelik en verwelkomend."
"George is 'n pragtige plek. Ek was baie beïndruk met die groot boom anderkant Hoekwil. Dit is ook naby Wildernis en Mosselbaai. Sal George aanbeveel vir 'n vakansie."
"Behalwe vir die wynroetes, bied Stellenbosch baie oulike straatkafees met heerlike kos, vriendelike diens en interessante dekor. Die Route 44-mark oor naweke op die Somerset-Wes-pad is heerlik! Daar is baie stalletjies met iets van alles: klere, leerprodukte, boeke, heerlike kos en baie sitplek om te eet en te kuier. Hoewel Stellenbosch baie warm is tydens Desember en Januarie, bied die heerlike kuierplekke en wynplase koele lafenis. Boschendal op die Franschhoek-pad, De Grande Provence, Le Petite Ferme en Lormarin's (met die ongelooflike motormuseum) in Franschhoek is almal 'n moet om te besoek. Kyk ook uit vir die winkel Masquerade in Franschhoek, alle vrouens gaan uit'freak' hieroor!"