Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit is baie mooi. Ons het ook De Hoop besoek en dit was 'n wonderlike ervaring. Daar is baie beperkte moontlikhede vir inkopies, onder meer kruideniersware, vleis en vars produkte, en ons moes na Swellendam ry vir 'n dokter en apteek (daar is nie 'n apteek of 'n dokter nie). Die restaurante in die dorp raak vinnig oorweldig wanneer daar baie mense is, maar ons het heerlik daar gekuier. Ons sal volgende keer meer voorbereid wees."
"Witsand is 'n wonderlike bestemming, veral vir gesinne. Die kinders geniet Witsand baie. Dit is 'n lekker rusbestemming. Vat net genoeg kruideniers saam, want die winkels is baie duur."
"Dis een van die warmste plekke wat ons nog ooit besoek het, maar 'n oulike dorpie."
"Die standaard is baie goed. Mykonos kom alle ouderdomsgroepe tegemoet. Sal graag meer toesig wil sien by die binnenshuise swembad aangesien daar nie by die reëls gehou word wat duik, plons en dompel aanbetref nie. Mens kon nie rustig swem nie en wangedrag in die swembad was nie aangespreek nie. Sal wel weer 'n somervakansie by Mykonos deurbring."
"Die handwewers is my nuwe obsessie. Die dorpie is ougat en die mense vriendelik. Laat genoeg tyd om die plekkie behoorlik te verken."
"Suurbraak is 'n klein juweel. Ander besoekpunte in die omgewing is maklik bereikbaar, byvoorbeeld Swellendam, Barrydale, Tredouxpas en Grootvadersbosch."
"Ek dink Gansbaai moet bietjie groei op 'n mens! Daar is oulike restaurante en koffiewinkels, maar die meeste maak eers na 10:00 oop! Die strand by Franskraal is baie lekker! Die winkels in Gansbaai was 'n aangename verrassing met 'n goeie SPAR en Clicks."
"The Rondebosch/Newlands area is our favourite holiday area in Cape Town due to the numerous top restaurants and pubs as well as the close proximity to the rugby and cricket grounds."
"Daar is wel nie baie te doen vir die stadsjapies nie, maar die ou tronk is besonders en daar is baie ander interessante eetplekkies en winkeltjies waardeur mens kan snuffel. Dit is sentraal tussen die berg en die see, en bied ook baie buitelugaktiwiteite in die omgewing."
"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."