Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Die area is baie skoon en ons het veilig gevoel. Die polisie was ook gereeld sigbaar gewees. Orals waar ons plekke besoek het, het ons geen probleme ondervind nie. Ons het die vakansie baie geniet."
"Iets vir almal om te doen, mooi strande, stap roetes, bergfiets roetes, goeie restaurante met interessante kunsgalerye en winkels. Hemel en Aarde vallei het 'n uitstekende wynroete. "
"If you you don't have your own transport it is not easy to travel, public taxes are not passing there, to get to town you must hire private taxes. They are expensive. "
"Omdat ons in die nuwe jaar daar was, was al die restaurante gesluit, maar ons kon lekker kos kry by OK Minimark wat in al ons behoeftes vooorsien het."
"Oulike en stil dorp. Vat net genoeg vars goed van jou keuse saam sodat daar nie elke dag Gansbaai hoef gery te word nie. "
"Beslis 'n plek wat ek weer wil besoek. Rustige atmosfeer, pragtige huise en vriendelike mense!"
"Jacobsbaai is baie lekker en rustig. 'n Wassery sal dalk 'n goeie idee in die area wees."
"Ons gaan elke jaar, elke jaar is ons nie teleurgesteld nie. Net nog een van SA se beste bestemmings!"
"Dié dorpie bied genoeg om toeriste te vermaak en dit is ook na aan verskeie ander toeristebestemmings."
"George is sentraal in die Tuinroete geleë, wat dit lekker maak om rond te toer. Aan die een kant is Grootbrak, Kleinbrak, Hartenbos, Mosselbaai en Stilbaai, aan die ander kant is Victoriabaai, Heroldsbaai, Wildernis, Sedgefield, Knysna en Plettenbergbaai. George bied ook uitstekende restaurante wat 'n groot verskeidenheid insluit."
"Daar is nie swemstrande nie. Die naaste een is Buffelsbaai of Plettenbergbaai. "