Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Ons eerste besoek aan Oudtshoorn maar verseker 'n "ons kom weer Oudtshoorn". 'n Pragtige dorp met meer as genoeg besienswaardighede en aktiwiteite."
"Yzerfontein het pragtige natuurskoon en baie stil strand. Die wind is soms net te veel vir die Gautengers wat nie gewoond is daaraan nie."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met baie om te sien en oulike winkels, veral die padstal waar die dorp begin, is 'n wenner."
"Baie lekker plek met vriendelike mense. Die weer was bietjie koud maar met die lekker warm kos by die restaurant was ek gou-gou vergete van die koue."
"Ons was bewus van die misdaad probleem, maar het self geen misdaad beleef of onveilig gevoel nie. Die Paternoster gemeenskap, met hulle Buurtwag, maak dan 'n duidelike verskil. Al wat Paternoster nog kort, is 'n Kwikspar of 'n Wollies Food."
"Die Saterdag markie op Greyton was fantasties. Ons het klomp lekkernye gekry om aan te peusel. Tuisgemaakde pasteie, kase, biltong, ens. Verder was die gebied vollop van beeldskone Jakarandabome en onvergeetlike uitsigte."
"Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer."
"Myburg Park was tops, maar in geheel is Langebaan 'n lieflike vakansie bestemming, en ons sal beslis weer 'n draai gaan maak."
"Baie ingestel op Afkrika kuns en volstruisprodukte. Daar is ongelooflik baie uitstekende restaurante en ons het nie eers by die helfte kon uitkom nie. Die mense is ongelooflik vriendelik en die dorp is skoon en netjies. Ons sou nog lank daar kon bly. Het die wynplase en padstalletjies baie geniet. Lekker kuier dorp."
"Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense."
"As jy wil rus, is Sedgefield die plek om dit te doen. Dit word nie verniet 'n "Slow Town" genoem nie."
"Dit was die eerste keer dat ons in Knysna oornag het. Dis 'n pragtige dorpie. Ons was net verbaas dat daar nie 'n filmteater op die dorp is nie, maar dalk het ons die grootte van die dorp net oorskat in die verlede. "
"Check the seasons. We visited at the wrong time of year to see the birds and the drought did not help. Very central and the perfect stop over before going further up the coast."