Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Baie besig en groot verskeidenheid restaurante om van te kies. Veilig, kan rondloop en als is stapafstand, orals shuttles beskikbaar om jou na ander plekke te vat. Die middestad is bietjie raserig so as dit iets is wat jou pla sal ek nie verblyf in die middestad aanbeveel nie."
"Clanwilliam het ons harte gesteel. Dis 'n baie spesiale dorpie met wonderlike mense. Bid julle kry gou reën."
"Aangenaam verras. Pragtige kustuine, mooi wandelpaadjies en baie skoon. Lekker geëet by Issabellas."
"Darling is gedurende die blommeseisoen baie gerieflik geleë vir 'n oornag verblyfplek. Die jaarlikse veldblommeskou was ook aan die gang toe ek daar was, en vir die geleentheid is die orgidee kwekery ook oopgemaak vir die publiek. Vir hierdie rede was Darling dus 'n goeie plek om by te vertoef. Darling verskaf ook goeie wyn en daar is 'n pragtige wynwinkel in die hoofstraat wat produkte verskaf wat andersins nie algemeen beskikbaar is nie. Daar is goeie restaurante op die dorp, en die museum is 'n interessante venster op die verlede. Na aan die dorp is 'n plaas waar lig op die San lewenswyse gegooi word, en sowat 'n uur vanaf Darling is fossiele wat vir die belangstellende betekenisvol kan wees."
"Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel is so na aan mekaar, dat hulle as 'n geheel gesien kan word. Aangesien dit 'n destinasiebestemming is waar vele troues plaasvind, is daar baie fasiliteite en besondere winkels wat andersins nie 'n bestaan sou kon maak nie. Ek het dus veel meer gekry as wat ek my voorgestel het. "
"Ons gesin kuier graag in die Mosselbaai/Hartenbos omgewing. Dis ons nommer een keuse vir 'n vakansiebestemming!"
"Very friendly town. My partner Damian and I went for run and explored a bit and all the Neighbors smiled and waved."
"Baie nuwe uitbreidings, met baie huise nog in aanbou. Beskik oor nodige winkels en geriewe. Mooi strandgebied."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Onrus is 'n netjiese dorpie wat almal laat tuis voel. Alles is netjies en stapafstand. "
"Heerlike area vir stap met 'n wonderlike uitsig. Dis naby die Waterfront en vele bestemmings in Kaapstad."