Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Ons was vanjaar by ons sewende Klein Karoo Klassique, wat vir ons uitstekend is."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."
"Het 'n gevoel van absolute veiligheid ervaar. Kon laataand afstap na die see toe."
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
"We were surprised on a Monday night to find our two first choice restaurants full eventually going to our third choice. So perhaps book a restaurant in advance."
"This area does not have off street parking but we did not have problems parking in the street."
"Ek dink Villiersdorp is 'n goeie keuse om as basis te dien vanwaar die Overberg en selfs Franschhoek en omgewing verken kan word. Lekker stil en uit die gewoel van plekke soos Hermanus en Franschhoek."
"Baie oulike dorpie vir 'n dag besoek met 'n paar oulike winkels. Diesel & Creme is beslis die hoogtepunt in die dorpie."
"Dit was lekker gewees om die karoodorp Oudtshoorn te verken. 'n Mens het beslis twee tot drie dae nodig om die belangrikste te sien. Net jammer dat die Swartbergpas gesluit was agv vloed gedurende ons besoek. Oudtshoorn het ook heerlike koffie en eetplekkies."
"Vanrhynsdorp lyk op die oppervlakte 'n bietjie rof en afgeskeep. Maar as 'n mens kokerbome en interessante woestynplantjies geniet, is hierdie dorpie 'n paradys. Die kokerboomkwekery is fassinerend. Die ou tronk was ook 'n plesier om te besoek."
"As oud Mosselbaaier, sal Hartenbos my altyd na aan die hart bly. Baie sentraal, jy kan lekker dag uitstappies na naburige dorpe hê."
"Dit is veilig met 'n wonderlike loopstrand. Ons oorweeg na dese om eiendom daar te koop."