Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."
"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."
"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."
"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."
"Tulbagh sal altyd 'n pragtige dorpie wees om in te kuier as ons as mens dit sal koester om dit wat daar is te bewaar."
"Tamboerskloof is fantasties. Dit is baie sentraal geleë. Daar is orals binne loop afstand lekker eetplekke vir ontbyt en aandetes. Daar is ook 'n baie mooi park waar mense met hulle honde stap en kindertjies kan speel. En mens sien die berg omtrent van enige plek af in Tamboerskloof."
"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Op Strandfontein is die see en die natuurskoon die oorheersende faktor wat dit 'n plek maak waar mens weer in kontak kom met jou eie menswees en deel word van die oseaan en die omgewing. Onverbeterlik!"
"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Fynbos Villa Guesthouse"Dis die hart van Stellenbosch en die pragtige geboue van die Universiteit alleen is 'n besoek aan Stellenbosch werd!"
"Wonderlike wynplase om te besoek, Almenkerk & Paul Wallace. Persoonlike aanslag by Paul Wallace soos lanklaas beleef."
"Baie sentraal en ideaal vir 'n naweek vol bedrywige aktiwiteite in en rondom Kaapstad."