Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Durbanville is baie sentraal om by al die omliggende aktiwiteite uit te kom. Tygervallei, Willowbridge, Restaurante soos "Die Boer", Cattle Baron en vele meer. Om nie eers van die wynplase soos die "Spice Route" en die Trams wat hardloop in Franschhoek na 5 verskillende roetes ensovoorts. Nee regtig, 'n goeie bestemming."
"Lambertsbaai is 'n mooi vissersdorp aan die Weskus. Dit is ook die plek van die kreefeters met lekker restaurante (soos Isabella´s), pragtige strande en Bird´s Island."
"Lovely little seaside town with swimmable water and a great beach."
"Miskien nie vir die jong mense nie. Daar is nie veel om te doen nie, maar as jy will gaan vir ontspanning is dit 100%"
"Calitzdorp is so mooi en die mense is baie vriendelik. Ek en my gesin het ons harte in Calitzdorp gelos."
"Die enigste negatief was die grondpad na Malgas toe. Jammer hulle kan nie net ten minste die helfte van die pad teer nie. Die pad was op sekere plekke baie glyerig (los klippe)."
"Lovely and friendly little town with wonderful wine farms - De Krans is lovely for breakfast as we sat under the vines. "
"Die kreefverkopers op straat is 'n groot probleem, soveel so dat jy nie eers kreef in 'n restaurant kan bestel nie."
"Sandbaai is baie lekker rustig en stil omdat dit weg is van alles, maar as mens 'n stranddag wil geniet sou ek steeds sê dit is beter om Hermanus toe te ry."
"Very nice place with a restaurant and shops with the necessary supplies. Very friendly and helpful people and the nature is an additional bonus. Excellent fishing destination. "
"Pragtig, mooi en 'n netjiese dorp. Die vriendelikheid en mooi Afrikaans maak George 'n uitsonderlike plek!"
"Kalkbaai is 'n pragtige plek en ons het die drie dae daar geniet! Great atmosfeer en gasvryheid."
"Bly maar een van die beste vakansieplekke. Hopelik is die ontwikkeling van ontspanningsgeriewe vir tieners binnekort voltooi. Ons het maar gesukkel om hulle besig te hou, aangesien die waterpark die gevoel gee dat dit meer vir die kleiner kinders bedoel is. Restaurante is altyd 'n wenner en die paar wat ons besoek het beslis aanbevole."